Abstract:
Teen die agtergrond van die toepassingsgebied van die Nasionale Kredietwet 34
van 2005 behandel hierdie artikel sekere praktiese aspekte met betrekking tot
die kansellasie van ’n afbetalingsooreenkoms ingevolge dié Wet, deur die proses
onder andere met die voormalige Wet op Kredietooreenkomste se kansellasiebepalings
rakende ’n afbetalingsverkooptransaksie ingevolge daardie Wet,
kortliks te kontrasteer. Verder word die proses, insluitende sommige probleemaspekte
rakende die 2005 Wet, behandel. Die skrywers maak sekere aanbevelings
rakende die praktiese hantering van ’n kansellasie van ’n afbetalingsooreenkoms
in die lig van bepaalde uitlegprobleme en waarskynlike leemtes
ingevolge laasgenoemde Wet.