Abstract:
Die Johannese weergawe van die Parakleet-Gees bied 'n vollediger begrip van die identiteit, rol en funksie van die Heilige Gees. Die Parakleet-Gees in die Johannese Evangelie werk aktief daaraan mee om Jesus te verheerlik en die Vader bekend te maak. Vanweë die teenwoordigheid van die Parakleet-Gees word Jesus ook alomteenwoordig, is Hy in sy volgelinge en is Hy permanent by hulle. Deur die Parakleet-Gees is gelowiges weer met Jesus verenig net soos Jesus met die Vader verenig is. Vanweë die teenwoordigheid van die Para-kleet-Gees word die volgelinge van Jesus deelgenote aan sy lewe en werk deur hulle geloof in Jesus. ENGLISH: The Johannine portrayal of the Paraclete-Spirit gives us a fuller understanding of the identity, role and function of the Holy Spirit. The Paraclete-Spirit in the Johannine Gospel works to glorify Jesus, and make the Father known. Because of the presence of the Paraclete-Spirit Jesus becomes omnipresent, is in his followers and is permanently with them. Through the Paraclete-Spirit believers are again united with Jesus as Jesus is united with the Father. Because of the presence of the Paraclete-Spirit Jesus' followers become participants in his life and work through faith in Him.