In die studie word ? sisteembeskrywing van swart Afrikaanse prosaskrywers se posisie binne die Afrikaanse prosasisteem gegee, met die publikasie van Abraham Phillips se Die verdwaalde land in 1992 as begindatum. Die kontensieuse begrip swart word generies gebruik om alle skrywers van kleur in te sluit.
Swart skrywers se posisie is deur gebruikmaking van metatekste literêr-sistemies beskryf. Even-Zohar, Bourdieu, De Geest en Schmidt se sisteemteorieë is hiervoor aangewend.
Op grond van die aantal studies oor hul werk is Abraham Phillips, A.H.M. Scholtz en E.K.M. Dido as prominente skrywers hanteer. Ander minder prominente skrywers se posisies word ook beskryf.
Die studie het ? aantal bevindinge opgelewer.
Phillips is ? bekroonde skrywer wat uit ? benadeelde posisie prosatekste skryf. Sy posisie word binne die raamwerk van Bourdieu se veldteorie aangetoon. Literêre kritici het sy tekste op verskillende wyses in die literêre veld geposisioneer. Slegs Phillips se debuut word as gekanoniseerd beskou. In 1992 word hy die eerste swart skrywer van Afrikaanse prosa aan wie beduidende simboliese kapitaal toegeken is.
Scholtz, ? bekroonde skrywer, se drie tekste is met gebruikmaking van Even-Zohar se polisisteemteorie beskryf. Op grond van analises van metatekste word hy as gekanoniseerde skrywer in die Afrikaanse literêre sisteem gereken.
Dido se diskursiewe posisies in die literêre sisteem is binne De Geest se funksionele sisteemteorie beskryf. Sy het tot dusver geen literêre toekenning ontvang nie, maar is in 2005 met ? eredoktorsgraad deur UWK vereer. Sy word as baanbreker vir swart Afrikaanse vroueskrywers binne die literêre sisteem geposisioneer.
Karel Benjamin, S.P. Benjamin, Clive Smith, Joseph Marble, Elias P. Nel, Kirby van der Merwe, P.J. Philander, Catherine Willemse, Bettina Wyngaard, Anastasia de Vries en Zain Eckleton word as minder prominente skrywers beskou en hul posisisionering geskied binne Schmidt se operasionele raamwerk.
Die gevolgtrekking was dat swart skrywers van Afrikaanse prosa sedert 1992 verskillende posisies in die Afrikaanse literêre sisteem inneem.
A systems description was given of the position of black African prose authors within the Afrikaans prose system with the publication of Abraham Phillips' Die verdwaalde land in 1992 as starting date. Despite being contentious the generic term "black" is used to include all authors of colour. The position of black authors is literary-systematically described by using meta-texts and by implementing the systems theories of Even-Zohar, Bourdieu, De Geest and Schmidt.
Based on the number of studies on their work, Abraham Phillips, AHM Scholtz and EKM Dido are considered to be "prominent" authors. The position of other less "prominent" authors are also described.
The study yielded a number of findings.
Phillips, an award-winning author, writes his texts from a disadvantaged position. His position in the Afrikaans literary field is described according to Bourdieu's field theory. Literary critics positioned Phillips s texts in different ways in the literary field. Only Phillips' debut can be considered part of the literary canon. In 1992 he became the first black author of Afrikaans prose to be awarded symbolic capital.
The acclaimed Scholtz s position is described according to Even-Zohar's Polysystems Theory. Based on the analysis of meta-texts he is considered as a canonical author in the Afrikaans literary system.
Dido s discursive positions in the literary system are described according to De Geest s Functional Systems Theory. Dido has not yet received any literary awards, but was awarded an honorary UWC doctorate in 2005. She is positioned in the Afrikaans literary system as a pioneer for "black" African women authors.
Karel Benjamin, SP Benjamin, Clive Smith, Joseph Marble, Elias P. Nel, Kirby van der Merwe, PJ Philander, Catherine Willemse, Bettina Wyngaard, Anastasia de Vries and Zain Eckleton are considered to be less prominent authors and their positioning is shown according to Schmidt's operational framework.
The study concludes that black Afrikaans prose authors since 1992 can be ranked in different positions in the Afrikaans literary system.