Abstract:
Hierdie skripsie ondersoek die potensiaal van argitektuur as n geheue genererende
voorwerp en die verkenning van verhaal as n ontwerp genereerder.
Verhaal word as n instrument vir die ontwerper vir waarnemings wat gemaak is tydens terrein besoeke. Dit help die ontwerper om die omgewing te interpreteer en daardeur gedompel in die omstandighede te word om sodoende die terrein te definieer, beide in terme van sy informaliteit asook gebrek aan pragmatiese geskiedenis.
Die gebruikers word die primêre invloede en genereerders in terme van beide program en vorm, om sodoende n gemeenskaplike na-gedenktenis en plek vir die vergete netwerke van Phomolong, in Mamelodi, Tshwane, te skep
Die rede om ontwerp op hierdie manier te genereer is om toepaslik te reageer op
gebruikers se behoeftes, die skaal van die konteks, sowel as om toe te laat vir die verdere
ontwikkeling van die gebruikers.
Deur die aanspraak en bespreking van die kwessies rondom plekloosheid, die gebrek aan identiteit en ruimte vir n kollektiewe nagedagtenis, in die eens tydelike plek vanPhomolong in Mamelodi.