Die naam Jesus Christus vorm die kern van een van die prominente gelowe in die wêreld vandag. Dit is 'n beweging wat ontstaan het rondom die lotgevalle en lering van 'n man met die naam Jesus, wat afkomstig was van die dorpie Nasaret in Israel en ongeveer 2 000 jaar gelede geleef het. Vanuit 'n onbedui dende groepie volgelinge het die beweging gegroei tot een van die grootste gelowe wat die wêreld tot nog toe geken het. Die naam Jesus was 'n bekende Joodse naam, maar waar kom die naam Christus vandaan? Die meeste mense gebruik vandag die saamgestelde naam Jesus Christus as 'n eienaam. Tog is Christus nie oorspronklik 'n eienaam nie, maar 'n appellatief, dit wil sê 'n soortnaam, benaming of titel. Die woord christus is die Latynse vorm van die Griekse christós, wat op sy beurt 'n vertaling is van die Hebreeuse mashiach (Messias). Die feit dat christus met verloop van tyd tot 'n eienaam omvorm is, verberg die kulturele en godsdienstige oorsprong en inhoud daarvan. Dit lei tot 'n vervaging van die vroeë identifiserende en belydenismatige aspekte van die term in die verbintenis met die persoon van Jesus van Nasaret.
Die doel van hierdie artikel is om aan te dui dat die grammatikalisering van die item christós, tesame met die harmonisering van verskillende Christologiese interpretasies in ooreenstemming met die regula fidei, gelei het tot die omvorming van 'n belydenis tot 'n eienaam, en dat die belydenis self vandag 'n rol speel in die voortsetting van die harmoniserende proses. Sodoende gaan die oorspronklike belydenismatige aspek van die woord verlore. Deur die aandag hierop te vestig, word die aanvanklike kragtige inhoud van die woord herwin deur Jesus met die appellatief Christus te identifiseer as die Een deur wie God se verlossing van die wêreld beslissend deurgevoer is.
The name Jesus Christ is at the heart of one of the prominent faiths in the world today. The faith started as a movement around the teaching and fate of a man called Jesus, who came from a village called Nazareth in Israel and lived approximately 2 000 years ago. From an insignificant group of followers the movement grew to become one of the greatest religions the world has ever known. The name Jesus was a well-known Jewish name, but where does the name Christ come from? Most people nowadays use the combined name Jesus Christ as a proper name. However, Christ was originally not a proper name, but an appellative, i.e. a qualifying term or title. Christ is the Latinised form of the Greek christós, which in turn is a translation of the Hebrew mashiach (Messiah). The fact that the word christ changed into a proper name over time conceals its cultural and religious origin. This led to the fading of the earlier identifying and confessional aspects of the term in its association with the person of Jesus of Nazareth.
The purpose of this article is to show that the grammaticalisation of christós, together with the harmonising of different Christological interpretations in accordance with the regula fidei, led to the transformation of a confession into a proper name, as employed in the so-called ecumenical creeds of the Christian church. The creeds, in turn, are at present instrumental in the continuation of the harmonising process. Thereby the original confessional aspect of the term begins to fade. By directing attention to this process it may be possible to reclaim the original powerful content of the term by identifying Jesus, through the appellative Christ, as the One through whom God's saving of the world was decisively wrought.