Abstract:
Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 vereis aflewering van & artikel 129(1)(a)-
kennisgewing aan die verbruiker voordat & skuld wat voortspruit uit & kredietooreenkoms
wat binne die trefwydte van die Nasionale Kredietwet val, afgedwing kan word. Hierdie
kennisgewing het & baie spesifieke doel, naamlik om die verbruiker in te lig oor sy verstek
ten aansien van die kredietooreenkoms en sekere alternatiewe geskilbeslegtingsinstansies
voor te stel wat die verbruiker kan nader ten einde & dispuut op te los of & plan daar te stel
om sy paaiement kragtens die kredietooreenkoms op datum te bring. Die Wet bepaal
uitdruklik dat voldoening aan artikel 129(1)(a) & vereiste is voordat verrigtinge ter skuldafdwinging
ingestel kan word. Die Wet bevat egter ook & eiesoortige bepaling in artikel
130(4)(b) waarvolgens die hof verplig is om & sui generis bevel te maak in geval van
nienakoming van artikel 129(1)(a), te wete dat die hof verplig is om die verrigtinge te
verdaag en die stappe te gelas wat die kredietverskaffer moet doen voordat die saak weer
kan hervat. Die vraag onstaan gevolglik wat die rol van artikel 129(1)(a) is in die konteks
van verjaring van & skuld wat voorspruit uit & kredietooreenkoms wat onder die Nasionale
Kredietwet val. Hierdie bydrae ondersoek dus die interaksie tussen die Nasionale Kredietwet
en die Wet op Verjaring 69 van 1968 en fokus spesifiek op die rol van die artikel 129(1)(a)-
kennisgewing in die konteks van verjaring van kredietooreenkomsskuld.