Die doel van hierdie artikel is om die toepaslikheid van openbare sektor residensiële
eiendomsbestuur op nasionale vlak, soos geïmplementeer deur die Departement
van Openbare Werke (DOW), se huidige verhuringspraktyke te ondersoek. Die
artikel ondersoek huidige beste praktyk in die verhuring van residensiële eiendom
en evalueer die toepaslikheid van hierdie praktyke wanneer die DOW surplus
residensiële eiendomme verhuur. Die bevindings dui daarop dat die DOW se
residensiële verhuringsbestuur nie op standard is met aanvaarde praktyk nie en
tesame met onvoldoende kapasiteit in terme van die grootte van die portefeulje
asook die nodige kundigheid, kan hulle nie effektiewe huurkontrakbestuur
van surplus staatsbeheerde residensiële eiendom implementeer nie. Die DOW
eiendomsverhuringfunksie moet dus onderwerp word aan ‘n hersiening en
verandering van die huidige status quo onder die leiding van ‘n onafhanklike
eiendomsbestuur raadgewende komitee of verwysingsgroep.
The aim of this paper is to investigate the applicability of public-sector residential
property management as implemented by the Department of Public Works
(DPW) at national level to current leasing management practices. The article
investigates current best practice in leasing of residential property and evaluates
the applicability of these practices to the DPW, as the landlord, when letting
out surplus residential properties. The findings indicate that the DPW residential
leasing management is not in line with best practices, together with inadequate
capacity in terms of the size of the portfolio and the requisite expertise to adopt
and implement effective lease management of surplus state-owned residential
property. Thus the DPW property-leasing function should be subjected to a
review and re-engineering of the current status quo with guidance from an
independent property-management advisory committee or reference group.