Economic pressure in the aftermath of the Second World War (1939-1945), resulted in
many individuals and families emigrating from the Netherlands to South Africa. This
group of emigrants represented a wide variety of skills and represented all walks of life.
Many of these immigrants, as well as their children, made an enormous contribution to
their new homeland. In many cases the children of immigrants used the opportunities in
education and reinvested this in the economy of South Africa. Many areas benefited
from this.
The contributions in the academic field had a direct impact on information technology,
which improved the ability to access information. An example of this is the easy access
to national library sources in South Africa for the total population of South Africa.
Another area that benefited from the contributions of this group of immigrants is the
scientific management of nature. The reintroduction of game in some of the war-tom
areas surrounding South Africa is a living example of this.
In the cultural and musical area the contributions in the development and introduction of
music to the South African population were very noticeable. Composers and music
teachers introduced new technologies and new singers imina ted from this process.
New work methods were introduced in the economic field, which resulted in job creation,
skill development and enrichment. In many areas this resulted in an improvement of
productivity. The economy of South Africa benefited directly from this process which
resulted in making certain sectors of the economy competitive with the rest of the world.
The enormous contributions of this group of immigrants, supported by the government of
South Africa (c. 1945-1973) and the Company for European Immigration (MEl)
improved South Africa's economy, culture, academy, nature conservation and also impacted on several other areas. The white population benefited directly from this
process, while other South Africans benefited more indirectly.
The conclusion can therefore be reached that this group of immigrants made a positive
and long-lasting contribution to the economy, academy and culture of the country.
Na die Tweede Wereldoorlog (1939-1945) het die swak ekonomiese omstandighede tot
gevolg gehad dat 'n groot aantal gesinne, asook ongetroude jongmense, vanuit Nederland
na Suid-Afrika geemigreer het. Hierdie jong emigrante het 'n verskeidenheid van
beroepe verteenwoordig en het uit aile lae van die bevolking gekom.
Die lewe en werk van sommige van die immigrante en veral sommige kinders van hierdie
immigrante het enorme bydraes tot hulle nuwe vaderland gelewer. In baie gevalle het die
kinders die geleentheid van goeie skoling en universiteitsopleiding benut wat weer in 'n
groot verskeidenheid van gebiede teruggeploeg is.
Op akademiese terrein is veral die land se inligtingstegnologie ontwikkel wat gelei het tot
beter beheer en toegang tot die land se inligtingsbronne. 'n Voorbeeld hiervan is die
toeganklikheid van die land se nasionale biblioteke vir die bevolking van Suid-Afrika.
Wildbenutting en -bewaring, asook die wetenskaplike bestuur van die natuur, is 'n
verdere terrein waar die bydraes van Nederlandse immigrante sigbaar is. 'n Voorbeeld
hiervan is die hervestiging van wild in oorlogsgeteisterde buurlande van Suid-Afrika.
Op die gebied van kultuur, veral musiek, is groot bydraes gemaak in die ontwikkeling en
bekendstelling van musiek aan aile lae van die bevolking. Komponiste en
musiekonderwysers het nuwe tegnieke gevestig en verskeie bekende sangers het uit
hierdie proses voortgespruit.
Op ekonomiese gebied is nuwe werkmetodes ingestel wat werkskepping tot gevolg gehad
het en 'n direkte effek op beroepsontwikkeling en produktiwiteit gehad het. Die
ekonomie van Suid-Afrika is hierdeur versterk en die grondslag om Suid-Afrika
mededingend met die buiteland op vele ekonomiese gebiede te maak, is gele. As gevolg van die enorme invloed en bydraes van hierdie betrokke groep immigrante,
wat na Suid-Afrika gekom het met ondersteuning van die destydse regering (ca. 1945-
1973) en die Maatskappy vir Europese Immigrasie {MEl), is die Suid-Afrikaanse
ekonomie, kultuur, akademie, wildbewaring en vele ander areas verbeter. Die impak van
die bydraes het die blanke bevolking op direkte wyse geraak, maar die bydraes het ook
tog op 'n indirekte wyse die hele bevolking van Suid-Afrika bevoordeel.
Die stimulerende bydraes van hierdie groep immigrante op ekonomiese, kulturele en
akademiese gebiede en vele ander lewensterreine het dus 'n blywende positiewe invloed
op die totale Suid-Afrikaanse samelewing gehad.