Bespreking van 'n kaart wat op die gedeelte van Kerkstraat tussen Potgieter- en Schubartstrate fokus, en die moontlike eerste woning van pres. Paul Kruger.
'n Bespreking van die aktiwiteite in Pretoria. Inligting oor die klokke van die Ou Raadsaal, die geskiedenis van East Lynne, en 'n insident met donkies op die stoep van die Ou Raadsaal word gedeel.
'n Bespreking van die ou begraafplaas in Kerkstraat, foutiewe grafnommers, en die Erasmusgebou op Kerkplein. 'n Bydrae oor die huise in Jacob Marestraat word ingesluit.
Bespreking van die kerke op Kerkplein en die sloping van die kerktoring, asook die geskiedenis van die kerkklok van die Ooskerk. Verdere besprekings handel oor genealogiese inligting ontvang. Die program van die Gerard ...
Terugvoer oor Fort Schanskop, Prospect Huis, die gebruik van telegrafiese adresse, pres. M.W. Pretorius se vervoerprobleme, en 'n uittreksel uit 'n "Snuffelgids" [advertensies] as bylaag tot 'n koerant van 1878 word gegee.
'n Bespreking van die lewens van Pres. Burgers en sy gesin. 'n Uitnodiging van "Die Fort Schanskopverening" se huldeblyk aan pres. Paul Kruger word ingesluit.
Bespreking van 'n kaart, geteken deur die Intelligence Branch Royal Engineers, wat op die gedeelte van Kerkstraat tussen Potgieter- en Schubartstrate fokus.
'n Bespreking deur Anton Jansen van die argitekte en styl van die Erasmuskasteel, die tweede kerk op Kerkplein, die Erasmusgebou en die tuinierswoning in Burgerspark.
Die moontlike herkoms van straatname, Koch-, Bosman- en Andriesstrate, en die winkel van Koch & Co. en aangrensende geboue word bespreek. Die bibliografie is aangeheg.
Die geskiedenis van die Prospect Seminary, die Kerk van die Nederduitsch Hervormde Gemeente in Markstraat [Tivoli Teater] en Fort Schanskop word bespreek.
Kommentaar rakende die spelling van "De Volksstem", die speel van rugby of sokker en die Time Ball Hill [nou Salvokop] word hanteer. Tekeninge van Pretoria deur Wangemann of Prozesky word bespreek.
Die begrafnis van Pres. Paul Kruger op 16 Desember 1904 word in detail bespreek, en drie foto's word ingesluit. Terugvoer oor die watervoorsiening aan die forte word gegee.