Bespreking van 'n berig in De Volksstem wat die Geloftefees van 1881 beskryf. Transvaalse vlugtelinge in Newcastle, poskaarte van die Kruger-egpaar en die St. Andrew's-kerk, en jongelinge wat perde steel word genoem.
Heelwat meer inligting oor Marthinus Ras en die Ras-kanonne, wat tydens die Eerste Vryheidsoorlog gebou en getoets is. Slegs een van die twee kanonne is in die oorlog gebruik. Sien ook Pretoria Nuusbrief, November 2008.
Bespreking van Lohner se horlosiewinkel in Pretoria, en 'n horlosie wat in die vroeë 1880's daar verkoop is. Daar word verwys na die sg. "Vlieënde piering" restaurant.
Bespreking van gebeure tydens die Eerste Vryheidsoorlog, o.a. die slag van Rooihuiskraal en die beleg van Rustenburg. Hoe die tuisgemaakte kanonne van Marthinus Ras gemaak, getoets en gebruik is. Verdere inligting t.o.v. ...
Nuusbrief wat die geskiedenis van watervoorsiening in Pretoria bespreek. Daar word verwys na Du Preezhoek (naby Muckleneuk en Bereapark), hoe dit verander het oor die jare, en persone wat daar gewoon het.
Bespreking van 'n foto, geneem voor 1882, waar Kerkstraat-Wes en Kerkplein ontmoet. Sluit die geskiedenis van die geboue wat op Erwe 351 (nou Cafe Riche) en 321 (nou die Poskantoor) gestaan het, in.
Bespreking van koerantberigte tydens die Anglo-Boereoorlog wat die volgende beskryf: die optrede van die Engelse teenoor die Boere, Koningin Victoria se verjaarsdag wat nie gevier is nie, en die simboliese begrafnis van ...
Die Paleis van Justisie word verder bespreek, insluitend die gebruik daarvan as 'n hospitaal tydens die Anglo-Boere Oorlog, toe dit as die Ierse Hospitaal bekend was. Die Beckett-hospitaal word ook bespreek. In korrespondensie ...