Hierdie studie bevestig dat die Metamorphoses verskeie temas bevat wat soms nou met mekaar
verweef is. Die intratekstuele analise toon duidelik aan dat, alhoewel die genre van die
Metamorphoses oorwegend dié van die epos is, die bestudeerde episode van Echo en Narcissus
deurentyd baie sterk ooreenkomste openbaar met die liefdeselegie, die genre waardeur Ovidius
aanvanklik bekendheid verwerf het. (Croally & Hyde 2011: 299)
Soos verwag, toon hierdie analise aan dat liefde een van die grootste temas van hierdie narratief in
Metamorphoses 3.339–510 uitmaak. Verwerping, verlies aan liefde en dood maak egter ook ander
groot temas in die narratief uit. Die liefdesvuur wat begin deur die aanskouing (videre) van die
karakter se liefdesvoorwerp, loop ten slotte, ná ’n proses van verlies en lyding, op die dood uit.
Die intertekstuele analise toon dat daar met Barsby (1978: 35) en Luce (1982: 802) saamgestem kan
word dat Ovidius uiters simpatiek met sy karakters omgaan. Dit geld wanneer hulle die gevare en
geheimenisse van die liefde in die gesig staar, en veral waar sy karakters met die onsekerhede van
adolessensie te doen kry. Wat boonop opval, is die feit dat, van al die outeurs wat die Narcissusverhaal
beskryf, dit slegs Ovidius is wat simpatie met die seun en sy fisieke en emosionele lyding
toon, selfs ná alles wat hy ander aangedoen het.
Die ekstratekstuele analise bevestig die gevolgtrekking van die intratekstuele analise wat aandui dat
die temas in hierdie narratief, naamlik identiteit, liefde, verlies en dood, baie nou met mekaar in
verband staan. Verder toon die ekstratekstuele analise aan dat hierdie konsepte as’t ware die
verskillende dele of stadiums van ’n bose en vernietigende proses uitmaak.
Een van die sleutelgevolgtrekkings in hierdie twee analises is dat copia in hierdie narratief in die
Metamorphoses 3.339–510 staan vir die karakter se ‘self’, en dus vir sy of haar identiteit. Met dít in
gedagte, toon die studie dat die voorgestelde hipotese wel bewys is, nl.:
Indien daar in die geval van liefde ’n wanbalans tussen die karakter se ‘self’ en die ‘ander’
ontstaan, veroorsaak die verwerping en/of verlies van/aan liefde (of die karakter se
liefdesvoorwerp), ’n verlies van die karakter se identiteit.
Uit die studie kan dit só verduidelik word: Die wanbalans tussen die karakter se ‘self’ en die
‘ander’veroorsaak dat die karakter sy/haar ‘self’ heeltemal aan die ‘ander’ koppel, met die gevolg
dat die karakter se ‘self’ hom aan die ‘ander’ of liefdesvoorwerp (hetsy dit ’n werklike persoon soos
Echo, of die illusie van ’n weerkaatsende beeld is) oorgee en dit nie meer besit nie. Indien hierdie oorgawe van die karakter se ‘self’/identiteit onbeantwoord bly of verwerp word, veroorsaak dit ’n
onomkeerbare verlies van die karakter se ‘self’ en verloor hy of sy sy of haar identiteit.
Hierdie verlies van die ‘self’ of identiteit van die karakter veroorsaak ’n intens melancholiese
lewenswyse wat die karakter van alle lewenlus ontneem. Die karakter in hierdie toestand wend
gevolglik geen poging aan om hom/haarself te red nie en aanvaar die dood as die enigste
oorblywende uitweg. Nadat hierdie besluit van passiewe selfmoord geneem is, verloor die karakter
sy/haar liggaam en menslike bestaan.
Sleutelterme: Liefde, verwerping, verlies, Ovidius, Metamorphoses, identiteit, self, ander, Echo,
Narcissus, mite, verhaal, illusie
This study confirms that the Metamorphoses contains themes which are often tightly woven
together. The intratextual study indicates that, although the genre of the Metamorphoses is mainly
that of the epic, the episode of Echo and Narcissus investigated consistently shows strong
similarities to the love elegy , the genre that originally established Ovid’s poetic renown (Croally &
Hyde 2011: 299).
As anticipated, this analysis shows that love constitutes one of the important themes of this
narrative in Metamorphoses 3.339–510. Rejection and loss of love are also among the major
themes, as is death. The fire of love which begins at the seeing (videre) of the character’s object of
love ultimately, after a process of loss and suffering, culminates in death.
The intertextual analysis confirms the views of Barsby (1978: 35) and Luce (1982: 802) that Ovid
treats his characters with the utmost sympathy when they face the dangers and mysteries of love,
and especially touching the uncertainties of adolescence. One of the highlights of this analysis is the
revelation that Ovid is the only one of the Narcissus poets who sympathises with the boy and his
physical and emotional suffering, despite everything he has done to others.
The extratextual analysis confirms the findings of the intratextual analysis, which demonstrates that
the themes of this narrative, namely identity, love, loss and death, are closely related to each other,
and that this concept in fact constitutes the various parts or stages of an evil and destructive process.
One of the key findings in these two analyses is that copia stands for the character’s ‘self’ and thus
for his or her identity. With this in mind, the study shows that the proposed hypothesis is proven,
namely:
Regarding love, if an imbalance occurs between the character’s ‘self’ and the ‘other’, the rejection
and/or loss of love (or the character’s love object), causes loss of the character’s identity.
The study explains this phenomenon as follows: The imbalance between the character’s ‘self’ and
‘other’ leads the character to transfer his/her ‘self’ wholly to the ‘other’, resulting in the character’s
‘self’ being surrendered to the ‘other’ or love object (whether this is a real and existing person like
Echo, or an illusion created by a reflected image), and the ‘self’ no longer owns it. If this surrender
of the character’s ‘self’/identity is unrequited or is rejected, it causes an irreversible loss of the
character’s ‘self’ and he/she loses his/her identity.
This loss of the ‘self’ or identity of the character causes an intensely melancholic lifestyle which
deprives the character of all vitality. In this condition the character refuses to take any action to save him/herself, and accepts death as the only remaining refuge. Once ‘passive suicide’ has been
decided on, the character loses his/her body and human existence, i.e. dies.