Daar is tans ’n heersende missionale ekklesiologie in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA). Hervormde teoloë is eens dat dit die ware wese en roeping van die kerk uitspel. Die uitdaging is nou om hierdie ekklesiologie in gemeentes gestalte te laat vind. Predikante is die sentrale figure in tradisionele gereformeerde gemeentes, soos die van die NHKA, en speel dus ’n sleutelrol in hoe kerkwees in hierdie gemeentes verstaan en uitgeleef word. Die transformasieproses van gemeentes na missionale gemeentes hang dus grotendeels van die predikant af. Predikante is egter nie in staat om hierdie ingewikkelde proses te hanteer nie. Hulle het die regte tipe opleiding nodig om dit te kan bewerkstellig. Die huidige teologiese opleiding van die NHKA, soos dit geskied aan die Universiteit van Pretoria, in samewerking met die Kuratorium en Hervormde Teologiese Kollege, slaag nie daarin om studente die regte vaardighede en kapasiteit aan te leer vir die vorming van missionale gemeentes nie. Die teologiese opleiding van die NHKA moet dus aangepas of verander word om dit moontlik te maak om ander tipe leiers, naamlik missionale leiers, te vorm.
Currently, the prevalent discourse of the Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) is a missional ecclesiology. Reformed theologians are of like mind that this doctrine encompases the true nature and calling of the church. The challenge is manefesting this ecclesiology in congregations. Ministers are the central figures of the traditional congregation, like those of the NHKA, and thus play a key role in the conceptualisation and praxis of church life. The transformation process from congregations to missional congregations is mostely dependant on the minister. Ministers, however, are not equipped to handle the complexity of this process. They require precise training to achieve this goal. The current syllabus of theological education of the NHKA, as is utilised by the University of Pretoria, in partnership with the Kuratorium and Hervormde Teologiese Kollege, is unsuccesful in training students the required capacity and skills for the formation of missional congregations. The theological education of the NHKA must be adapted or changed in order to train new leaders – missional leaders.