In this article the plenipotentiary idea in John’s Gospel is studied in relation to Jewish
institution(s) of agency. It is argued that the missionary idea in John’s Gospel is a Leitmotiv
(central or dominant theme) that integrates the Christology and Soteriology in the fourth
Gospel. Jesus is presented as being God’s empowered plenipotentiary who was sent by God
to give life and to judge – qualities that were judged to be the prerogative of the Creator-God.
After the resurrection, Jesus empowers his disciples to become plenipotentiaries who are called
to continue the mission that God had started in and through Jesus. Unlike some scholars who
argue that John is a sectarian writing aimed at an in-group, the author of this article argues
that John’s idea of mission is one that encourages an openness towards outsiders, motivated
by love and other regarded, and expressed in a boundary transcending manner.
In hierdie artikel word
die konsep van gesantskap in Johannes se Evangelie in verhouding tot die Joodse konsepte
van gesantskap bestudeer. Daar word aangevoer dat die missionale of gesantskapskonsep
’n leitmotief (sentrale of dominante tema) in Johannes se Evangelie is, en dat dit met die
Christologie en die Soteriologie in die vierde Evangelie geïntegreer is. Jesus word as God se
gevolmagtigde verteenwoordiger (gesant of plenipotensiaris) aangebied wat deur God gestuur
is om lewe te gee en te oordeel – kwaliteite wat tradisioneel gesproke die prerogatief van God
alleen is. Ná die opstanding bemagtig Jesus sy dissipels as sy gevolmagtigde verteenwoordigers
wat geroep en gestuur is om die doel wat God in en deur Jesus begin het, te kontinueer. In
teenstelling met sommige geleerdes wat beweer dat Johannes ’n sektariese geskrif is wat op
die ‘in-groep’ in teenstelling met die ‘uit-groep’ gemik is, of dat Johannes geen sensitiwiteit
vir buitestanders het nie, argumenteer die outeur van hierdie artikel dat Johannes se idee van
sending ’n openheid teenoor buitestanders impliseer wat deur liefde gemotiveer is en op so ’n
wyse uitgeleef behoort te word dat dit (sosiale en ander) grense transendeer.