Abstract:
Immanuel Kant (1724-1804) se filosofie word gewoonlik in die sogenaamde voorkritiese en kritiese periodes ingedeel. Die voorkritiese periode begin met Kant se eerste publikasie in 1847 : Gedanken von den wahren Schatzung der lebendigen Krafte in der Natur (Gedagtes oor die ware beoordeling van die lewende kragte in die natuur) I wat baie sterk onder aie invloed van Isaac Newton staan. Kant promoveer in 1755 met In proefskrif getitel Abhandlung Dber das Feuer (Verhandeling oor vuur) en habiliteer in dieselfde jaar met In verhandeling oor Prinzipien der metaphysischen Erkenntnis (Prinsipes van metafisiese kennis). In die volgende vyftien jaar verskyn In lang lys publikasies oor In groot verskeidenheid onderwerpe. Die mense wat die grootste invloed op sy denke uitgeoefen het was Isaac Newton ( 1643-1727)I Gottfried Wilhelm Leibniz (1646-1716) Christian Wolff (1679-1754) John Locke ( 1632-1704) David Hume (1711-1776), die Graaf Shaftesbury (1671-1713) en Jean-Jacques Rousseau (1712-1778). Hoewel Kant met sy voorkritiese geskrifte groot bekendheid verwerf het toon dit tog in In groot mate In onvastheid van koers en kan n mens in individuele geskrifte die invloed sien van die denkers met wie Kant hom op daardie tydstip besig gehou het. Tog kan n mens duidelik sien dat Kant besig is om hom ten opsigte van die natuurwetenskap en wysbegeerte van sy tyd te orienteer. Waar die natuurwetenskap aanvanklik sy aandag die meeste besig hou kom wysgerige besinning algaande sterker na vore. Teen die einde van die voorkritiese periode word dit baie duidelik dat hy bewus geword het van die problematiek waarmee hy in die kritiese periode gaan besig bly en dat sy eie filosofie al sterker vorm begin aanneem.