dc.contributor.author |
Barkhuizen, J.H., 1940-
|
|
dc.contributor.editor |
Van Aarde, A.G. (Andries G.) |
|
dc.date.accessioned |
2015-09-28T07:36:12Z |
|
dc.date.available |
2015-09-28T07:36:12Z |
|
dc.date.issued |
1989 |
|
dc.description.abstract |
In 1985 bet die redakteur van bierdie studie 'n werk gepubliseer onder die titel
Cannen Christianum, wat 'n inleiding en Griekse tekste met vertalings bevat het, en
suiwer as proefuitgawe gedien het vir 'n Iatere, vollediger werk oor die vroee
kerklied. Deur die goedgunstige medewerking van verskillende geleerdes word die
latere werk nou onder die titel HYMNI CHRISTIANI gepubliseer, en dit wei in die
nuutaangekondigde Supplementum reeks van die Hervormde Teologiese Studies. Die
skrywers wil derhalwe hul dank uitspreek dat hierdie studie in die reeks opgeneem
kan word, veral omdat die HTS as teologiese tydskrif van hoogstaande gehalte
gereken word.
Hierdie studie het ten doel om die Ieser 'n blik te gee op 'n verteenwoordigende
seleksie van 'n belangrike deel van die vroeg-Christelike letterkunde, te wete die
Griekse kerklied van die eerste vyf eeue. Die bimnografiese aktiwiteit van die
vroee kerk is van liturgiese, dogmatiese en literere belang:
1. Liturgies - want die kerklied het as vreugdevolle antwoord van die Cbristelike
gemeenskap op God se heilsdaad in Jesus Christus van die begin af 'n essensiele
plek in die liturgie ingeneem.
2. Dogmaties - omdat hierdie antwoord terselfdertyd die uitdrukking vervat het
van die kerk se teologiese en dogmatiese besinning oor hierdie heilsdaad van
God in Christus.
3. Literer - want die kerklied het mettertyd ook ontwikkel tot 'n literere vorm van
poetiese kwaliteit.
Wat die vorm betref bestaan die studie uit:
1. 'n Inleiding oor die ontstaan en ontwikkeling, die wese en die formele bou van
die kerklied.
2. Dit word gevolg deur 'n analise van 21 liedere in die volgende vorm: Die
Griekse teks (met 'n vertaling in die geval van die na-Nuwe Testamentiese
liedere) word gevolg deur 'n kommentaar, waarin aandag gegee word aan die
agtergrond, struktuur en interpretasie van elke lied, met klem op die literere en
religieuse perspektief van die betrokke lied, terwyl aan die einde van die
inleiding en van elke lied 'n geselekteerde bibliografie aangebied word vir
verdere studie.
Gesien die feit dat tien geleerdes uit verskillende akademiese instellings aan hierdie studie meegewerk het, is dit slegs natuurlik dat daar verskil in styl sal bestaan te
midde van die formele ooreenkoms soos hierbo uitgestippel. Dit is ewe eens
vanselfsprekend dat elke skrywer instaan vir die menings uitgespreek in sy
afsonderlike studie. Daar word nietemin die hoop uitgespreek dat hierdie werk die
belangstelling sal aanwakker in 'n tekssoort waarin die aanbidding van die vroee
kerk, sy dogmatiese besinning en sy literere kunssinnigheid 'n harmonieuse eenheid
gevind het. En alhoewel die studie primer ingestel is op die kenner van Hellenistiese
Grieks, sal die vertalings asook veel van die kommentaargedeeltes wel ook die
Ieser wat Grieks nie magtig is nie, tot hulp wees. |
en_ZA |
dc.description.librarian |
hb2015 |
en_ZA |
dc.identifier.citation |
Barkhuizen, JH 1989, 'Hymni Christiani', Hervormde Teologiese Studies, Supplementum 1, pp. 1-198. |
en_ZA |
dc.identifier.isbn |
0-620-14608-7 |
|
dc.identifier.uri |
http://hdl.handle.net/2263/50050 |
|
dc.language.iso |
Afrikaans |
en_ZA |
dc.publisher |
Tydskrifafdeling, Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika |
en_ZA |
dc.relation.ispartofseries |
Hervormde Teologiese Studies, Supplementum 1 |
en_ZA |
dc.rights |
© 1989 Uitgegee deur die Tydskrifafdeling van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika met
die ondersteuning van die Universiteit van Pretoria en die Buro vir Wetenskaplike
Publikasies by die Stigting vir Onderwys, Wetenskap en Tegnologie. |
en_ZA |
dc.subject |
Nuwe-Testamentiese himnes |
en_ZA |
dc.subject |
Vroeg-Christelike himnes |
en_ZA |
dc.subject |
Himnes in klassieke metra |
en_ZA |
dc.subject |
Himnes in ritmiese metra |
en_ZA |
dc.title |
Hymni Christiani |
en_ZA |
dc.type |
Book |
en_ZA |