Abstract:
Ekumeniese isolasie en interne stryd 1961–1970 : Die stryd om die beperking van lidmaatskap van die Nederduitsch Hervormde Kerk tot blanke persone (Artikel III) lewer
die agtergrond van gebeure. Die Geyser-saak en daarna die Pont-saak neem die sentrale plek in. Die sesde leerstoel kry beslag
en die toetrede van S.P.J.J. van Rensburg en J.P. Oberholzer tot die Fakulteit lei tot die derde geslag in die Departemente Ou
Testamentiese Wetenskap en Nuwe Testamentiese Wetenskap.