Abstract:
Dit is ‘n besondere voorreg om die eerste
100 jaar van die teologiese opleiding van die
Nederduitsch Hervormde Kerk op ‘n gepaste
wyse met hierdie publikasie te gedenk. Min
van die gekiedenis was behoorlik geboekstaaf of
selfs bekend en ons is dankbaar dat professor
J.P. Oberholzer gewillig was om die taak op
hom te neem. Soos die bronne ontsluit is,
het die projek gegroei. Wat aanvanklik bedoel
was as ‘n koffietafelboek, het gegroei tot ‘n
volwaardige stuk geskiedskrywing.