Abstract:
Met die publikasie, Honderd jaar kerk en
teologiese opleiding: ‘n Kroniek, word die
100-jarige bestaan van die Kuratorium vir
Teologiese Opleiding van die Nederduitsch
Hervormde Kerk gevier. Dit gaan egter oor veel
meer as net die handelinge van die Kuratorium
die afgelope 100 jaar. Die aard van die
teologiese nadenke van die Kerk en verwante
gesprekke tydens en besluite van verskeie
Algemene Kerkvergaderings vorm ook deel van
die verhaal.