Theological training in the AFM church: Investigative and developing (perspectives) for the
new millennium
This article will focus on the findings of two Apostolic Faith Mission (AFM) pastors in their
research concerning theological training. It may help role players in the AFM, as well as in the
broader church context, to evaluate current theological training material, and indicates the
importance of a continuous theological training programme for pastors. The need to equip
pastors to be more effective in their different roles, poses an enormous challenge in these times.
At the AFM’s General Business Meeting in May 2008, constitutional amendments were approved
that pave the way for having a single institution for theological training in the AFM. This new
theological institution faces a major challenge, namely that of establishing relevant theological
training for the South African context, in order to avert the danger of being identified as an elitist,
irrelevant work group with its own pastor’s language that is understood by a small group of
insiders only.
By die Apostoliese Geloof Sending (AGS) se Algemene Besigheid Vergadering in Mei 2008 is
grondwetlike wysigings goedgekeur wat die weg baan vir ‘n enkele instelling vir teologiese opleiding
in die AGS met ingang van 2009. Dit word boonop al hoe belangriker om bestaande kursusmateriaal te
beoordeel, aangesien teologiese opleiding wêreldwyd in ‘n krisis verkeer (Maré 2005:432). Uit Europa
word gereeld verneem van akademiese poste wat vakant bly, en van Teologiefakulteite wat ter wille
van oorlewing saamsmelt, of andersins sluit (Joubert 2001:192). Dié artikel konsentreer bepaald op twee
AGS-pastors se navorsing wat nie regstreeks met teologiese opleiding verband hou, naamlik Maré en
Putter. Maré is tans ‘n voltydse dosent sowel as die hoof van die Departement Ou Testament by die
Aucklandpark Teologiese Seminarium (ATS), en het in 2003 navorsing onderneem oor AGS-pastors se
belewing van hul teologiese opleiding by dié instelling. Hy het in besonder op pastors gekonsentreer
wat sedert 1996 afgestudeer het, aangesien dit die eerste groep is wat hul teologiese opleiding aan die
ATS voltooi het sedert dié instelling in samewerking met die destydse Randse Afrikaanse Universiteit
graadprogramme begin aanbied het. In 2009 lewer Maré sinvolle kommentaar op sy navorsing van
2003, en maak voorstelle vir toekomstige tersaaklike teologiese opleiding. Op sy beurt het Putter,
tans ‘n voltydse AGS-pastor en wat ook ‘n leidende rolspeler in die Ophir Netwerk was (die destydse
Suidoos-Gauteng-streek van die AGS), in 2006 en 2009 navorsingstukke oor die rolverwagtinge van
die AGS-pastor die lig laat sien. Putter se ondersoeke bring belangrike sake aan die lig wat in ’n unieke
voortgesette teologiese opleidingsprogram (hierna ‘VTOP’) kan ontwikkel. Voormelde twee navorsers
se voorstelle kan heel waarskynlik tot sinvolle en tersaaklike teologiese opleiding in die AGS en die
Pinksterwêreld van die nuwe millennium lei.