The crumbling of the Augustinian paradigm of theology? A critical discussion of Cornelis
Blom’s book Zonder grond onder de voeten
The book Zonder grond onder de voeten (i.e. Without any foundation) is the published doctoral
thesis which Cornelis Blom submitted at the Free University of Amsterdam. It focuses on evil in
creation, and addresses the question: Who is responsible – God or humans? Christian theologians
used to conclude (after reading Genesis 1–3) that humans are responsible. Blom, however, takes
his cue from the book of Job, and comes to a totally different conclusion. According to his reading
of Job and Genesis 1–4, there was no ‘fall’ from a perfect world. Evil existed right from the
beginning, and God did not banish it from the world in which humans have to live. The article
raises a number of questions concerning Blom’s approach, analyses and conclusions.
Onmiddellik ná die lees van die boek Zonder grond onder de voeten (Blom 2009) het Philip Kennedy se
woorde ‘As Christianity begins its twenty-first century, its Augustinian paradigm of theology has met the fate
of the Berlin Wall’ (2006:252) my te binne geskiet. Met die uitdrukking ‘Augustiniaanse paradigma’ vat
hy die kern van die Westerse teologie sedert Augustinus (354–430) saam, en som dit dan met hierdie
woorde op: ‘sondeval–verlossing–eindoordeel’.
Blom se boek is ‘n gepubliseerde proefskrif waarmee hy aan die Vrije Universiteit Amsterdam
gepromoveer het. Hy gebruik weliswaar nie die uitdrukking ‘Augustiniaanse paradigma’ nie en maak
ook nie die stelling dat hierdie paradigma aan die verkrummel is nie. Tog is dit deur sy hele boek
duidelik dat hy hom wél met dié paradigma besig hou, en dat die idee van ‘n perfekte skepping en ‘n
sondeval volgens hom géén grond onder die voete het nie.
Die idee van ‘n sondeval is tradisioneel uit Genesis 1–4 afgelees, en Augustinus word as die groot
argitek daarvan beskou (Durand 1978:49). Blom (2009) verklaar dat hy nie uitsluitlik op die interpretasie
van hierdie gedeelte wil fokus nie, maar dat hy wil deurstoot na die vraag na God en die mens se
verantwoordelikheid vir die kwaad in die skepping. In sy eie woorde:
In deze studie gaat het niet alleen om de juistheid van het schema van schepping en zondeval en de interpretatie
van Genesis 1–4 die daarbij hoort, maar ook om de vraag hoe we moeten spreken over God en mens in relatie
tot het kwaad. Het gaat me niet alleen om de exegese van Genesis 1–4, maar ook om de theologische implicaties.
De centrale vraag in dit onderzoek is: wat is de verantwoordelikheid van God voor het kwaad in de wereld?
(Blom 2009:12)
Die proefskrif is dus meer as net ‘n eksegetiese studie van Genesis 1–4. Dit wil ook ‘n teologiese studie
wees. Dit worstel met die vraag na God se verantwoordelikheid vir kwaad in die skepping. Dit is dus
‘n soort teodisee, maar dan nie ‘n teodisee waarin die antwoord, naamlik dat God kwyt te skeld is
van enige verantwoordelikheid vir die kwaad in die wêreld, klaar vasstaan nie (Blom 2009:15). In sy
bespreking van die saak wys hy daarop dat verantwoordelikheid in tweërlei sin verstaan kan word,
naamlik (1) verantwoordelik in die sin van veroorsaak en (2) verantwoordelik in die sin van aanspreeklik
wees. Wat laasgenoemde betref, wys hy op ministeriële verantwoordelikheid in die politiek. ‘n Minister
is nie verantwoordelik in die sin dat hy/sy iets veroorsaak het nie, maar in die sin dat hy/sy pa/ma
moet staan vir dade wat ander gedoen of nagelaat het om te doen (Blom 2009:12).