In Paul’s Epistle to the Romans, the expression τὰ λόγια τοῦ θεοῦ refers to speech of God
that was entrusted to the Jews as a people. This includes everything He spoke through
Moses and the prophets. The apostle presents this as a matter of the greatest privilege
to his readers, both for its authoritative contents and the personal involvement of the
God of the Covenant it represents. Paul uses these ‘oracles’ or ‘very words of God’ as a
collective reference (indicated by τὰ) to all divine speech that was entrusted to the Jews
before the revelation of God’s righteousness in Christ, to which these λόγια τοῦ θεοῦ bore
witness in advance. This article consequently argues that τὰ λόγια τοῦ θεοῦ refers to the
Bible as phenomenon, the revealed Word of God that was entrusted to the Jewish people.
Paulus se brief aan die Romeine kan gesien word as die beknopte, sistematiese teologie van die
Apostoliese Christendom. Dit behandel verskeie dogmatiese onderwerpe, onder andere kennis
van God en sy wil deur mense wat onderwerp is aan die gevolge van die sondeval. Dit speel ’n
sentrale rol in die eerste hoofstukke van die brief. Hierdie artikel voer aan dat die grondslag van
Paulus se raamwerk nie godsdienstige insigte is wat die mense self verkry nie – in elk geval nie
volgens die skrywer self nie. Volgens hom is die spesifieke openbaring van Godsweë aan Abraham se
nakomelinge die betekenisvolste faktor wat ’n verskil gemaak het en wat die Jode in hierdie spesiale
verhouding met die Here geplaas het. Die apostel maak hierdie kernstelling in Romeine 3:1–2:
τί οὖν τὸ περισσὸν τοῦ Ἰουδαίου ἢ τίς ἡ ὠφέλεια τῆς περιτομῆς; πολὺ κατὰ πάντα τρόπον
πρῶτον μὲν γὰρ ὅτι ἐπιστεύθησαν τὰ λόγια τοῦ θεοῦ.
Het dit dan enige voordeel om ’n Jood te wees, en het die besnydenis enige nut? Ja, baie, in allerlei
opsigte. Die belangrikste is dat God sy woorde aan die Jode toevertrou het. (1983/1992-vertaling)1