Abstract:
Hierdie artikel handel oor die probleme wat ondervind is met die aanstelling van ’n derde
party wat namens die belastingbetaler gelde oorbetaal aan die Suid Afrikaanse Inkomstediens.
Probleme word ondervind aangesien die belastingbetaler ’n reg op toegang tot die
howe en regverdige administratiewe praktyke het wat blyk geskend te word deur genoemde
aanstelling. Hierdie probleme word uitgewys deur kritiek op Hindry v Nedcor Bank te lewer.
Die artikel ondersoek voorts of hierdie probleme opgelos kan word deur die Wet op
Belastingadministrasie 28 van 2011. Die gevolgtrekking word gemaak dat hierdie wetgewing
wel ’n positiewe stap is om hierdie probleme op te los maar dat sekere kenmerke
van die vorige wetgewing steeds teenwoordig is.