Abstract:
As ek 'n intreerede korrek verstaan, dan moet 'n mens die vraag beantwoord: waarmee behoort my vakgebied besig te wees? Die
antwoord is voor die hand liggend: Maar wat is wetenskap, en wat is die ekonomiese wetenskap per slot van rekening?
Hierdie is nie vrae wat ons as ekonome elke dag oordink nie, en ek het my heel gou vasgeloop teen taamlik moeilik verteerbare
filosofiese geskrifte in my soeke na die antwoorde op bogenoemde vrae. Dit is soortgelyk aan die vraag: Wat is die sin van die
lewe, waaroor tallose boeke geskryf is. Die filosowe in die gehoor moet my asseblief verskoon as ek aanhaal uit hulle geskrifte, maar
ek moes dit doen om my eie prentjie van die ekonomiese wetenskap te verhelder.