Materiality to the Milesians was the ultimate state of being. To be was to be material and matter was
the complete key to the nature of things. The Pythagoreans however, thought that mathematics and
formulas could be applied to explain everything in the physical world and some tried to build the
physical world out of spatial points. This article proposes to investigate the agora of Asia Minor,
the birthplace of Milesian materiality, by considering the material, geographical motivation for its
creation and ultimate demise, by investigating the abstract ratios and figures of non-material space
as shaped by material form and structure and by commenting on Greek spatial intention. It further
aims to offer a Pythagorean corrective to Milesian materialism through sensitivity to order and form.
Materialiteit was vir die Milete die uiteindelike wesenstoestand. Om te wees was om materieel
te wees en materie was die volledige sleutel tot die aard van dinge. Die Pythagoreane het egter
gedink dat wiskunde en formules toegepas kon word om alles in die fisiese wêreld te verduidelik
en sommiges het probeer om die fisiese wêreld uit ruimtelike punte te bou. Hierdie artikel neem
voor om die agora van Kleinasië, die geboorteplek van Miletiese materialiteit, te ondersoek deur
die materiële, geografiese motivering vir sy skepping en uiteindelike verval in ag te neem, deur
die abstrakte verhoudings en figure van die nie-materiële ruimte te ondersoek soos wat dit deur
materiële vorm en struktuur gevorm word en en deur kommentaar te lewer oor Griekse ruimtelike
bedoeling. Dit beoog verder om ‘n Pythagoreaanse korrektief tot Miletiese materialisme aan te bied
deur sensitiwiteit tot orde en vorm te skep.