Colonisation as an ongoing process continues to obfuscate the real identity of a culture “becoming”
in Aotearoa/New Zealand. In writing about aspects of my arts practice I touch upon certain
Hericlitean, Platonic, and Aristotelian frameworks in this context, along with related ideas of Bataille
and Foucault. I also review our unravelling past as a subspecies to colonise (i.e., cannibalise) the
“other”, as well as the environment; discussing binaries like the “special” myth that fuels acts of
genocide; along with the colonial construct of “being”, in order to project fixed culture as prelude to
disenfranchisement, dismemberment, and dispersal.
Kolonialisasie is ’n aanhoudende proses wat saamwerk om die ware ontvouiing van kulturele
identiteit in Nieu-Zeeland/Aotearoa te verdoesel. Waar ek skryf oor aspekte van my kunspraktyk,
raak my gedagtes ligtelik aan verskeie idees in die denke van Heraklitus, Plato en Aristoteles. Hul
teoretiese raamwerke word gesuggereer naas die van Bataille en Foucault. My skrywe reflekteer ook
gedagtes rakende ons spesies se geskiedenis van kolonialisering en hoe dit ons as ’n subspesies help
om te oorleef. Ons kannibaliseer die “ander” en ons omgewing; ons skep binere konstruksies rondom
“uitsonderlike” gevalle van volksleiding wat dan volksmoord van die “ander” verskoon; ons skep
mites rondom die “ander” in kontras met ons eie idees oor onsself as synde “in plek” sodat ons die
“ander” kan verplaas, kan fragmenteer, en kan ontmag.”