This article contributes to the renewed interest in Le Corbusier by exploring a proposition by the
African American architect and scholar, Melvin Mitchell, that West African art and architecture had
a decisive influence on a number of Le Corbusier’s projects. The proposition is explored by means
of a matrix that cross-references the three levels of human settlement with three sets of architectural
form-giving principles. Since Le Corbusier never acknowledged sub-Saharan sources, the results
range from debatable to defensible. It is emphasised that the value of studying Le Corbusier does not
so much lie in the tangible forms of his buildings, but rather in the thought processes that informed
their conceptualisation and design resolution.
Die doel met hierdie artikel is om ‘n bydrae te lewer tot die hernude belangstelling in Le Corbusier
se argitektuur deur die stelling wat die Afrika-Amerikaanse argitek, Melvin Mitchell, gemaak
het, dat Wes-Afrikaanse kuns en argitektuur ’n deurslaggewende invloed op verskeie van sy
projekte uitgeoefen het, te ondersoek. Dit word gedoen deur middel van ’n matrys wat die drie
vlakke van menslike nedersetting kruisverwys met drie stelle argitektoniese vormgewende beginsels.
Aangesien Le Corbusier nooit bronne uit sub-Sahara erken het nie, wissel die resultate van hierdie
ondersoek van debateerbaar tot verdedigbaar. Dit word egter beklemtoon dat die waarde daarvan
om Le Corbusier se geboue te bestudeer, nie net in hulle tasbare vorms lê nie, maar ook in die
denkprosesse wat die konseptualisering en ontwerpoplossings daarvan beinvloed het.