At the time of their making, colonial paintings were considered objective accounts of actual places and
situations. Contemporary redress of colonial depictions contends however that such representations
were culturally and materially determined and thus reflects the philosophical and moral bias of
their painters. Charles Davidson Bell’s painting The Landing of Van Riebeeck, 1652 (1850) is often
reproduced in South African history books without proper context - neither the artist nor the artwork
has received much critical attention from art historical scholars. I regard the critical revisiting of
Bell as important because it interrogates how Victorian colonial artists, such as Bell, employed
authoring strategies and visual codes that served to entrench and naturalise debasing perceptions
of their subjects. In this article, I consolidate various authoring strategies, put forward by different
theorists, in a triangulated interpretive reading that further takes into account ideological frameworks
and social reality in the interpretation of this artwork. My interpretation shows that Bell conformed to
entrenched authoring strategies, concepts and features familiar to him, and aesthetic modalities that
typified the art of his time. Scrutiny of the artist’s authoring strategies brings to light the role of the
colonial gaze in establishing hierarchical relationships between binaries of colonial self and other/
coloniser and colonised.
Koloniale skilderkunstenaars het aanvaar dat hul eietydse aanskouers hul kunswerke sou interpreteer
as objektiewe uitbeeldings van werklike omstandighede en omgewings. Die kontemporêre
herinterpretasie van eertydse koloniale uitbeeldings toon egter dat hierdie uitbeeldings deur
kulturele- en materiële-kontekste beïnvloed is, en voorts die filosofiese en morele vooroordeel van
die kunstenaar reflekteer. Charles Davidson Bell se skildery The Landing of Van Riebeeck, 1652
(1850) is ’n voorbeeld van so ’n koloniale-era uitbeelding wat dikwels sonder die nodige konteks
in Suid-Afrikaanse geskiedenisboeke verskyn. Nóg die kunswerk, nog die kunstenaar, het al veel
kritiese aandag van kunshistorici ontvang. Ek voer aan dat kritiese herinterpretasie van Bell belangrik
is, aangesien dit besin oor die wyses waarop Victoriaanse kunstenaars, outeursstrategieë en visuelekodes
aangewend het om heersende persepsies rondom hul subjekte te versterk en te naturaliseer. In
hierdie artikel konsolideer ek verskeie outeursstrategieë, soos deur verskillende teoretici omskryf, in
’n getrianguleerde interpretatiewe interpretasie van die kunswerk, wat ook ideologiese raamwerke en
sosiale realiteit in die bespreking daarvan in ag neem. My interpretasie van Bell se kunswerk voer aan
dat die kunstenaar konformeer het tot verskanste outeursstrategieë, gevestigde motiewe en estetiese
modaliteite kenmerkend aan sy eietydse kunsaanskouings. ’n Kritiese ondersoek na die kunstenaar se
eie outeursstrategieë bring die rol van die koloniale-blik in die daarstel van hiërargiese verhoudings
tussen die binêre koloniale self en ander al dan, die kolonialiseerder en gekolonialiseerde.