Industrial buildings and structures are not usually associated with the discipline of architecture but
rather with civil engineering. However, industrial structures form an important part of the manmade
landscape of the Gauteng Province. The largest concentrations of settlements and sites associated
with the manufacturing sector were established in Gauteng, the result of the presence and processing
of minerals in the region. This resulted in the occurrence and legacy of a variety of predominantly
industrial building types associated with mining, industry and manufacturing. One branch of
engineering structures that also occur in South Africa includes buildings and structures associated
with the country’s military and aviation history. Aircraft hangars, and especially the so-called Bellman
hangar, are the most common of these buildings. As the location of most iron and steel manufacturing
plants also occur in Gauteng, the construction of industrial structures and the manufacturing of
hangars are closely related to the establishment and development of these companies.
Industriële geboue en strukture word nie gewoonlik met die dissipline van argitektuur geassosieer nie,
maar eerder met siviele ingenieurswese. Nogtans maak industriële geboue en strukture ’n groot deel
uit van die mensgemaakte landskap in die Gauteng Provinsie. Die meeste en grootste konsentrasies
van nedersettings en vervaardigingsbedrywe wat hulle ontstaan te danke het aan die voorkoms en
verwerking van minerale, is in Gauteng geleë. Die resultaat is ’n verskeidenheid van industriële
geboue wat geassosieer word met mynbou, industrieë en die fabriekswese. ’n Ander vertakking van
ingenieurskonstruksies wat meer wyd verspreid in die land voorkom, is die geboue en strukture wat
met die land se militêre en lugvaartgeskiedenis verband hou - waarin vliegtuigloodse en veral die
Bellman tipe, ’n prominente rol speel. Aangesien die meeste vervaardigingspunte van yster, staal en
verwante nywerhede ook in Gauteng geleë is, het die ontwikkeling van hierdie industrieë ’n noue
verbintenis met die bou en verspreiding van vliegtuigloodse en industriële konstruksies gehad.