This article uses a rhizomatic approach to explore how the artist acquired experiential knowledge
and insight through the experience and practice of making the expressive artefact “Hollow” (2011).
Sullivan argues, “the experience of the artist is the core element in the creation of new knowledge
…” (my emphasis). Practice-led research in the visual arts explores multiple, new and diverse ways
of experiencing, understanding and living in the world. The artefact serves as both data and evidence
(Niedderer 2004: 3). This article adds to the debate whether the practice itself or the reflection upon
it embodies the knowledge artistic action produces by exploring the creation of knowledge in the
experience and practice of making an artefact (Pakes 2004).
I have structured my reveries and reflections as follows: pre-production, production and postproduction.
During the pre-production phase I explore my operating system as leading to the
making of the artefact. This phase includes thoughts on the intention of the artefact, the intrinsic and
expressive motivation, and some serendipitous happenings. I question how to make tacit internal,
emotive, bodily experiences in order to transform the ineffable and invisible into a three-dimensional
expressive artefact and how to make this experience academically explicit. During the production
phase, I explore reveries about and resulting from the processes and explicate the practice of making.
I further explore embodied and material forms of thinking. In the post-production section, I reflect
on “shocking realisations” (Bolt 2006), the role of the lived body and knowledge discovered during
and after the making of “Hollow”.
In hierdie artikel ondersoek ek, met behulp van ‘n risomatiese benadering, hoe ek ervaringskennis en
insig verkry het deur die ervaring en die praktyk van die maak van die ekspressiewe artefak “Hollow”.
My ondersoek volg op Sullivan se (2010: 192) argument dat “die ervaring van die kunstenaar is die
kernelement in die skep van nuwe kennis... “ (my klem). Praktyk-geleide navorsing in die visuele
kunste ondersoek veelvuldige, nuwe en diverse maniere van die begrip en leef in die wêreld. Die
artefak dien as beide data en bewysstuk (Niedderer 2004: 3). Hierdie artikel dra by tot die debat
of die praktyk self of eerder die besinning daaroor die kennis wat deur artistieke aksie produseer
is beliggaam, deur die ondersoek van die skepping van kennis deur die ervaring en praktyk van die
maak van ‘n artefak (Pakes 2004).
Ek het my mymeringe en refleksies as volg gestruktureer: pre-produksie, produksie en postproduksie.
Tydens die pre-produksiefase verken ek my bedryfstelsel. Hierdie deel sluit in gedagtes
oor die intensie van die artefak, die motivering vir die artefak (beide intrinsiek en ekspressief),
asook ‘n paar gelukkige, toevallige gebeurtenisse. Ek ondersoek hoe om interne emosies en fisieke
ervarings konkrete vorm te gee, en om sodoende dit wat onuitspreeklik en onsigbaar is in ‘n driedimensionele
ekspressiewe artefak te omskep. Ek kyk hier ook na hoe om die ervaring akademies
eksplisiet te maak. In die gedeelte oor die produksiefase ondersoek ek my gedagtegang gedurende
die vervaardigingsprosesse, en wys hoe my interne gesprek produksie beinvloed het, en deur die
prosesse beinvloed is. Ek verduidelik hierdeur die proses, en kyk weer na beliggaamde en materiele
denke. In die laaste gedeelte, oor post-produksie, bedink ek sekere “skokkende insigte” (Bolt 2006),
die rol van die liggaam en kennis wat ek gedurende die maak van “Hollow” opgedoen het.