Alhoewel die swart studentebevolking aan tersiêre inrigtings in Suid-Afrika
tans op 68% staan, bestaan dieselfde tendens nie by inskrywings vir Vroeë
Kinderonderwys- (VKO-) programme aan Suid-Afrika se verskeie tersiêre
instansies nie. ’n Opname oor die onderwysersvoorsiening in die
grondslagfase aan een van die grootste voormalige wit universiteite in Suid-
Afrika wat deur Green (2010) onderneem is, het bevind dat slegs 1,5% (2 uit
135) swart studente na verwagting hulle finale (vierde) jaar sal voltooi.
Navorsing dui aan dat die lae registrasiesyfer moontlik toegeskryf kan word
aan kultuur- en taalverskille tussen die studente se tuisomgewing en die
universiteitsopset. Die gevolg is dat studente dikwels botsende belange tussen
persoonlike opvoedkundige doelwitte en gesinsverantwoordelikhede ervaar.
Nog ’n struikelblok is die akademiese eise van ’n instelling wat nie met
studente se huistaal en kultuur bekend is nie. Deur die kragveldmodel vir
professionele ontwikkeling (force field model of professional development) as
teoretiese lens te gebruik, word daar met die studie waarop hierdie artikel
baseer is, beoog om die ervarings van swart studente aan ’n voormalige wit
universiteit binne die VKO-program te verken en te bepaal in welke mate
hierdie ervarings tot lae registrasiesyfers bydra. Fokusgroeponderhoude is met al die swart grondslagfasestudente in die VKO-program gevoer. Bevindings
dui daarop dat finansiële beperkings, bepaalde onderrigpraktyke en taalgrense
onder die faktore tel wat swart studente as struikelblokke in hulle studies
ervaar, en wat as redes vir die lae inskrywings vir VKO aangegee kan word.
South Africa, like many other countries in the world, is experiencing a short supply of teachers in the quest to provide quality education to all. Early childhood education (ECE) is affected more severely by this; and it is generally recognised that there is a serious shortage of well-trained, qualified teachers at this level, especially black teachers. A survey of the provision of teachers in the foundation phase has indicated that the training of these teachers by higher education institutions does not come anywhere near meeting provincial and national needs. This can in part be ascribed to how training of black teachers took place during the apartheid era, where they needed only standard 8 (current grade 10) and then a further two-year course to obtain a Lower Primary Certificate to enter the education system. The training of African language-speaking foundation phase teachers is consequently particularly problematic, especially when mother-tongue instruction in the context of early childhood education is considered.