Incentives are regarded as motivational tools which can be used to propel
construction workforces to achieve project objectives. This article contributes to
the existing body of knowledge by evaluating the current practices of incentive
mechanisms in the South African construction industry and identifying the
challenges confronting the use of incentives. The study adopts both qualitative
and quantitative methods for data collection. For the quantitative approach, a
total number of 52 project stakeholders practising in Gauteng participated in the
survey by completing the structured questionnaire. The questionnaire survey is
used to obtain information from respondents, in order to assess their perceptions
on the impact of current practices of incentives on work productivity and the
construction industry. For the qualitative approach, personal interviews were
conducted with selected respondents to clarify their answers.
The findings reveal ‘unattainable project goals’, ‘poor communication
processes’, and ‘inappropriate contractual arrangement’ as the most significant
challenges confronting the use of incentives in the South African construction
industry. The findings reported in this article show problems frustrating the
absolute absorption of incentives in the industry, and also contribute to
redesigning the incentive plan so as to improve project performance.
Aansporingsmaatreëls word as motiveringswerktuig beskou wat gebruik kan
word om die werkerskorps aan te spoor om sodoende prestasiedoelwitte te
bereik. Hierdie artikel dra by tot die kennisgebied deur huidige praktyke van
aansporingsmeganismes in die Suid-Afrikaanse konstruksiebedryf te evalueer
asook die uitdagings wat met die gebruik van aansporingsmaatreëls gepaard
gaan. Die studie maak gebruik van beide kwalitatiewe en kwantitatiewe
metodes vir data-insamelingdoeleindes. Vir die kwalitatiewe benadering het
‘n totaal van 52 projekbelanghebbendes, wat in Gauteng praktiseer, aan die opname deelgeneem deur die gestruktureerde vraelys te voltooi. Die
vraelysopname is gebruik om inligting van respondente te bekom om sodoende
hul waarneming oor die impak van huidige praktyke van aansporingsmaatreëls
op produktiwiteit van arbeid en die konstruksiebedryf te toets. Vir die
kwalitatiewe benadering is persoonlike onderhoude gevoer met sommige van
die respondente om antwoorde te verklaar.
Die bevindinge toon “onbereikbare projekdoelwitte”, “swak kommunikasieprosesse”
en “nie-toepaslike kontraktuele ooreenkomste” as die belangrikste
uitdagings waarmee die aansporingskwessies in die Suid-Afrikaanse
konstruksiebedryf te make het. Die bevindinge wat in hierdie artikel uitgelig
word, dui op probleme wat ondervind word met die volkome aanvaarding en
dwarsboming van aansporingsmaatreëls in die bedryf. Verder dra die artikel
ook by tot ‘n nuwe benadering vir die herontwerp van die aansporingsplan om
projekprestasie te verbeter.