dc.contributor.advisor |
Holtzhausen, Lucas Cornelius |
|
dc.contributor.postgraduate |
Stassen, Pieter Jacobus Cornelius |
|
dc.date.accessioned |
2015-04-09T12:05:34Z |
|
dc.date.available |
2015-04-09T12:05:34Z |
|
dc.date.created |
1987-04-02 |
|
dc.date.issued |
1987 |
en_ZA |
dc.description |
Thesis (DSc Agric)--University of Pretoria, 1987. |
en_ZA |
dc.description.abstract |
Aspalathus linearis vorm deel van die Fabaceae familie. Die plant is n
bladboudende, stikstofbindende naalddraer waarvan die naalde en dunner
stingels geoes word vir bemarking as rooibostee. Die inbeemse plant, wat
natuurlik in die Seder- en Olifantsrivierberge voorkom, word vandag reeds
deur meer as 400 produsente kommersieel verbou.
Die gewas word normaalweg verbou onder lae en wisselvallige reenval- en
stremmende grondtoestande. Lae produksie is daarom een van die
belangrikste knelpunte. Hiermee saam dra progressiewe terugsterwing by tot
wisselende produksietendense. Hierdie situasie lei tot onstabiele
markvoorsiening en het n beperkende uitwerking op die ontwikkeling van
markte.
Daar het dus n beboefte aan veral inligting oor die uitwerking van
oespraktyke op produksie en terugsterwing asook basiese inligting oor
aspekte van groei, koolbidraatreserwes en voedingselemente bestaan. Die
doel van die buidige studie was dan ook daarop toegespits om bogenoemde
inligting te bekom.
Resultate verkry het daarop gedui dat die oes van rooibosteeplant die
jaarlikse wegneem van 50 tot 60% van die droe massa van die bos bebels het,
indien eenmalig geoes word. Oorblywende blaarmassa van plante wat op n
konstante boogte gesny is, bet toegeneem met toenemende frekwensie van oes.
Waar eenmalig, tweemalig of driemalig geoes is, was respektiewelik 5%, 21%
of 52% van die totale blaarmassa voor oes aanwesig. Dit is duidelik dat
groot boeveelbede fotosintetiserende materiaal asook droemassa met oes
verwyder word. Resultate het getoon dat lengte- en massagroei van die
oesbare gedeelte boofsaaklik tussen Augustus- en Meimaand plaasgevind het.
co2
-opname het saam met die ontwikkeling van groei toegeneem gedurende die
seisoen, totdat die volwasse blaar op n stadium as stoororgaan van
koolbidrate begin funksioneer en fotosinteties blykbaar minder aktief
geraak het.
Die beste tyd van oes was wanneer die koolbidraatreserwes in alle bosdele
relatief boog was. Indien te vroeg in die groeiseisoen geoes is, was
verdwerging die meeste en terugsterwingsprobleme was groter as gedurende
die midseisoen. Indien te laat gedurende die groeiseisoen geoes is, het
daar nie weer bergroei voor die lente plaasgevind nie en die bos was
onbedek, met groot wonde en laag in fisiologiese aktiwiteit gelaat. Dit skep moontlik ideale infeksietoestande vir swamme wat terugsterwing
bevorder. Veldproewe het aangetoon dat die boogste produksie verkry is
waar eenmalig tydens ongeveer Maartmaand geoes is. 'n Hoër frekwensie van
oes het wel die leeftyd van rooibosteeplante aansienlik verleng, maar dit
het nie opgeweeg teen die verliese in opbrengs nie. Daar word voorgestel
dat bosse wat gedurende die periode geoes word, se naalde weer
fotosinteties aktief is voor die dormante rusperiode en moontlik selfs
tydens die winter. Hierdie aspek verdien verdere navorsing. Dit wil ook
voorkom asof bosse wat later gedurende die groeiseisoen geoes word minder
en vir korter periodes afhanklik van reserwes in die volgende vroeër lente
was. Beide suiker- en styselreserwes kon egter dien as substrate vir
energie en onderhoud van groei tot ongeveer Desembermaand.
Uit resultate verkry is bereken dat 18,4 g N, 1,2 g P, 4,6 g K, 4,1 g Ca en
4,1 Mg benodig word vir elke 1 kg bemarkbare tee wat later in die
groeiseisoen geproduseer is. Omdat die rooibosteeplant stikstofbindende
knoppiesbakteriee bevat, beboort dit ten opsigte van N selfvoorsienend te
wees. Daar word aanbeveel dat P, Ca en Mg met grondvoorbereiding reeds
voorsien word vir die leeftyd van n aanplanting. K moet egter jaarliks
toegedien word. |
en_ZA |
dc.description.availability |
Unrestricted |
en_ZA |
dc.description.department |
Agricultural Economics, Extension and Rural Development |
en_ZA |
dc.description.librarian |
gm2015 |
en_ZA |
dc.identifier.citation |
Stassen, PJC 1987, Aspalathus linearis (Rooibostee) : Die invloed van oespraktyke op sekere vegetatiewe en fisiologiese aspekte, PhD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/44311> |
en_ZA |
dc.identifier.other |
D15/4/8/gm |
en_ZA |
dc.identifier.uri |
http://hdl.handle.net/2263/44311 |
|
dc.language.iso |
Afrikaans |
en_ZA |
dc.publisher |
University of Pretoria |
en_ZA |
dc.rights |
© 1987 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. |
en_ZA |
dc.subject |
Rooibostee |
en_ZA |
dc.subject |
Oes van rooibosteeplant |
en_ZA |
dc.subject |
Aspalathus linearis |
en_ZA |
dc.subject |
UCTD |
en_ZA |
dc.title |
Aspalathus linearis (Rooibostee) : die invloed van oespraktyke op sekere vegetatiewe en fisiologiese aspekte |
en_ZA |
dc.type |
Thesis |
en_ZA |