Abstract:
Prof Jonathan D. Jansen is 'n onderwysontleder van naam wat lankal die vinger druk op wat verkeerd is in die onderwys. Die vraag is, wat kan 'n minister doen om dit reg te ruk? Pas ná die swak matriekuitslae bekend gemaak is en op die vooraand van die heropening van die skole het Rapport hom gevra wat hy sal doen as hy vandag as minister van onderwys aangestel word.