This article investigates and outlines the strategies, which the Reformed Churches
in South Africa (RCSA) can employ for poverty alleviation in the South African urban
communities.1 By RCSA, the author refers to the local churches that constitute a family
of churches or church organisation. It is important to note that, historically, the churches
stood at the forefront of giving freely to the poor, caring for widows, taking in destitute
orphans, visiting the sick, and caring for the dying. Despite this long and often appreciated
legacy of support for the poor and the needy, the church ceased or slowed to provide such
ministry. This was probably due to the emphasis on the ’social gospel’ in liberal theology,
which many churches began to view with deep suspicion. In talking about the church’s
stance towards poverty, it should also be noted that, historically, the poor have suffered
due to those churches that, without warrant, preach the health, wealth and prosperity
gospel, incorrectly stating that God wants everyone to be equally rich. By promoting
false hope about the prospects for overnight success through prayer and tithing, some
of these churches take advantage of a vulnerable congregation that is often desperate for
an improvement in their economic circumstances. This article investigates not only the
complex of poverty and inequality in the South African (SA) urban community, but also
the prophetic calling of the RCSA with respect to poverty today. The conclusion arrived at
is that poverty and inequality persist in the urban community whilst the church, both as
institution and organism, should be able to study and respond positively to the dynamics
involved in urban poverty.
Die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika (GKSA) se strategieë vir armoedeverligting
in stedelike gebiede. Hierdie artikel ondersoek en skets die strategieë wat die GKSA kan
benut om armoede in stedelike gebiede te verlig. Die GKSA verwys na plaaslike kerke wat
’n familie van kerke of kerkorganisasies uitmaak. Dit is belangrik om kennis te neem van
die feit dat die kerk, reg deur die geskiedenis, op die voorpunt was om vryelik aan armes te
voorsien, vir die weduwees te sorg, weeskinders in te neem, siekes te besoek en sterwendes
te versorg. Ten spyte van hierdie lang en meestal gewaardeerde nalatenskap aan armes en
behoeftiges, het hierdie bediening deur die kerk afgeneem en is in baie gevalle gestaak.
Dit is waarskynlik as gevolg van die klem wat in die bevrydingsteologie op die ‘sosiale
evangelie’ geplaas is en tans deur baie kerke met agterdog bejeën word. Wanneer die kerk
se houding teenoor armoede ter sprake kom, moet ’n mens in gedagte hou dat, histories
gesproke, die armes as gevolg van die kerk ly – kerke wat sonder waarborg die gesondheidsen
voorspoedteologie verkondig het en wat valslik voorgegee het dat dit God se wil is dat
almal ewe ryk moet wees. Deur die vals vooruitsigte voor te hou om oornag deur gebed en
uit offergawes ryk te word, is kwesbare gemeentelede wat desperaat was vir die verbetering
van hulle ekonomiese omstandighede uitgebuit. Hierdie artikel ondersoek nie net die
kompleksiteit van armoede en ongelykhede in die stedelike gemeenskappe van Suid-Afrika
nie, maar ook die profetiese roeping van die GKSA met betrekking tot armoede vandag. Die
gevolgtrekking is dus dat armoede en ongelykheid voortduur in stedelike gebiede terwyl
die kerk as instituut sowel as organisme die bevoegdheid moes hê om die dinamiek wat
deel van stedelike armoede uitmaak, te bestudeer en positief daarop te reageer.