Abstract:
In this article, creative relationships between poetry (lexical text) and visual art (‘text’-in-images)
are examined and illustrated with an example. The article focuses on the potential for a heightened
experienced that may be created by several levels of interpretation possibly emerging between a
lexical text (image-poems written by the researcher) and a ‘text’-in-image (visual artwork by Joan
Miró), as these distinct fields of creativity enter into a conversation on a metaphorical level. In
essence, this article is an investigation into the shared root system between poetry and visual art and
is delimited to the interpretation possibilities of the creative relationships that can be highlighted
and practically applied to the conversation that may emerge between the selected visual artwork of
Joan Miró and the image-poem in response to this artwork. The visual artwork (image landscape)
is Silence (Joan Miró, 1968) and the image-poem (image landscape) is “Buigsaamheid van ’n
realiteit”. The researcher/poet uses various concepts and keywords with regard to the creative
relationships that may emerge between this visual artwork and image-poem: word/lexical landscape
(woordlandskap); (visual) image landscape (beeldlandskap); word cloud (woordwolk); colour
calligram (kleurkalligram); methaphorical tale (beeldspraakverhaal); colour shift (kleurverskuiwing);
poetic shift (versverskuiwing); and book landscape (boeklandskap). AFRIKAANS: In hierdie artikel word kreatiewe verbande tussen digkuns (woordteks) en visuele kuns
(beeldteks) ondersoek en met ’n praktiese voorbeeld toegelig. Die ondersoek is gerig op die
verruimingsmoontlikhede van interpretasievlakke wat tussen ’n woordteks (’n beeldgedig) en ’n
beeldteks (’n visuele kunswerk van Joan Miró) kan ontstaan, as dié twee skeppingsprodukte in gesprek
met mekaar tree. In wese is dié artikel ’n ondersoek na die gedeelde wortelstelsel tussen digkuns en
visuele kuns en word afgebaken tot die implikasies van hierdie onderliggende verband wat toegepas
kan word op ’n geselekteerde visuele kunswerk en ’n beeldgedig as reaksie op dié kunswerk. Die
betrokke visuele kunswerk van Joan Miró, wat as ’n beeldlandskap in die artikel voorgestel word,
is Silence (Joan Miró, 1968) en die betrokke beeldgedig wat as ’n woordlandskap in die artikel
voorgestel word, is“Buigsaamheid van ’n realiteit”. Die navorser/digter maak gebruik van verskeie
konsepte en sleutelwoorde met betrekking tot die kreatiewe verbande wat moontlik tussen ’n visuele
kunswerk en ’n beeldgedig kan ontstaan, naamlik: woordlandskap; beeldlandskap; woordwolk;
kleurkalligram; beeldspraakverhaal; kleurverskuiwing; versverskuiwing en boeklandskap.