Abstract:
Die onbevredigende konsep van die interne wrywingskoeffisient
wat as basis dien vir numeries-bruikbare fraktuurkriteria vir
brosmateriale, onder andere die van Coulomb-Mohr, impliseer
dat daar meriete in die kriteria bestaan, maar dat daar ook
fundamentele aspekte van die fraktuur.meganika vir brosmateriale
bestaan wat nog ontsluit moet word. Met hierdie as onderliggende
behoefte, word die probleem geidentifiseer deur
eers die waarskynlike tekortkominge in die interpretasie van
die bestaande teoriee in oenskou te neem.
So word byvoorbeeld die rol van die inter.mediere hoofnormaalspanning
met behulp van die stereografiese projeksiemetode
geillustreer waaruit afgelei kan word dat die probleem,
in teenstelling met die opinie van sommige ander navorsers,
wel drie-dimensioneel van aard is. Daar word oak aangetoon dat die gemiddelde normaalspanningsvlak
meganistiese eienskappe bevat wat daarop dui dat
dit die kritieke fraktuurvlak kan wees. Aangesien hierdie
vlak egter invariant ten opsigte van die normaalspanningsverwysingsnetwerk
is, word die begrip netto-normaalspanning
ingevoer wat 'n funksie van die Poissonverhouding is.
Deur 'n funksionele verwantskap af te lei vir die
helling van die Mohrenvelop wat die Mohrsirkel raak by die
punt wat verteenwoordig word deur die gemiddelde netto-hoofnor.
maalspanning in terme van die normaalspannings en die
Poissionverhouding, word 'n moontlike materiaal-afhanklike
verklaring van die interne wrywingskoeffisient verkry.
Dit word bevind dat hierdie vergelyking sinvolle waardes
van die interne wrywingskoeffisient voorspel, wat impliseer
dat daar meriete in die benaderingswyse bestaan wat die
formulering van die verwantskap voorafgegaan het. 'n Uitvloeisel
van die benaderingswyse is dat dit aanleiding gee
tot 'n gewysigde vorm van voorstelling van eksperimentele
data. Daar word bevind dat die gewysigde voorstelling baie gevoelig is vir sekere veranderlikes en die rol van invariante
toestande word ook deur hierdie voorstelling beklemtoon.
'n Afleiding wat uit hierdie verhandeling gemaak kan
word, is dat dit moontlik behoort te wees om 'n fraktuurkriterium
in terme van elastisiteitskonstantes te formuleer.