Abstract:
Toe die Rebel1ie in 1914 uitbreek, was Salomon Gerhardus
(Manie) Maritz op 38-jarige ouderdorn die jongste van alle
eertydse Boere-generaals uit die Anglo-Boereoorlog (1899-
1902). Irnmer rusteloos van geaardheid, daarby voortvarend
en impulsief, sou die daaropvolgende gebeure hom opnuut,
soos 14 jaar te vore, in die vuurproef plaas.
Na die Vrede van Vereeniging het Maritz geweier om Britse
onderdaan te word en wyk uit na Angola en Europa. In 1912,
ses jaar na sy terugkeer, word hy rnajoor in die pasgestigte
Unie-Verdedigingsmag. Tydens sy militêre op1eiding in Bloemfontein besluit hy en mede-wapenbroer Jan Kemp om die eerste
die beste geleentheid te benut om die republikeinse onafhanklikheid te herwin. In 1913 kontak hy die Duitse owerheid om
vas te stel of hulle ingeval van 'n opstand hom van wapens
en ammunisie sou voorsien maar dit was nie 'n forrnele ooreenkorns nie.
Tydens 'n offisiersvergadering te Pretoria (14 Augustus 1914)
lê hy sy beplande staatsgreep vir 15 September 1915 aan
Beyers voor en versoek hom om aan die hoof daarvan te staan.
Oortuig dat Beyers hom ondersteun, kom hy met die Duitsers
tot 'n vergelyk en reel vir Beyers op 15 September 'n afspraak
met dr. T. Seitz, die Duitse goewerneur, om finale reëlings te tref. Die bedanking van Beyrs (14 september) en die dood van de la Rey (15 September) wat self met rnedewete
van Kemp 'n staatsgreep beplan het, dwing Maritz om ander
planne te beraam.
Omdat hy hierna kontak met die leiers van die protesbeweging in Transvaal verloor het, was Maritz op homself aangewys. Sy voortdurende briefwisseling met genl. Smuts, met
majoor B. Enslin as tussenganger het horn oortuig dat Smuts
hom oor die grens wou dwing. Op 23 September 1914 het hy
van Smuts opdrag ontvang om Duits-Suidwes-Afrika binne te
val maar hy weier en vra sy ontslag. Smuts vertraag die
ontslag en stuur ondertussen troepe-versterkings na Upington Hierop het Maritz 'n finale ooreenkoms waarin die onafhanklikheid van Suid-Afrika geproklarneer is, met die Duitsers
gesluit en op 9 Oktober 1914 te Van Rooisvlei gerebelleer.
Omdat die regering nie op sy versoek om met genls. Beyers,
Hertzog, de Wet, Kemp en Muller te onderhandel, reageer het
nie, beset hy Keimoes en Kakamas. Na vergeefse onderhandelings met genls. Smuts en Brits om bloedvergieting te voorkom, trek hy sy troepe op Kakamas saam, proklameer die
"" Republi.ek van Suid-Afrika", trek die swaard en val Keimoes
(22 Oktober) aan. Omring deur reqeringstroepe onttrek hy
hom na Jerusalem in Duitswes-Afrika; terwyl 'n deel van sy
mag op Kakamas (24 Oktober) deur regeringstroepe aangeval is.
Op 29 November sluit genl. Kemp by hom aan en na finale onderhandelings met die Duitsers te Keetmanshoop (6 Desember
1914) val hulle Kaapland binne. Tydens die gevegte van
Nous (22 Desember), Langklip (14 Januarie 1915), Lutzputs
(18 Januarie 1915) verslaan hulle die regeringstroepe maar
word self te Upington (24 Januarie 1915) verslaan en na uitgerekte onderhandelings tot oorgawe gedwing.
Maritz self het nie oorgegee nie maar weer eens uitqewyk na
Duits-Suidwes-Afrika, Angola, Portugal, Spanje en Duitsland. In 1923 bet hy na Suid-Afrika teruggekeer en hom vrywilliglik oorgegee. In 1924 is hy aan hoogverraad skuldig bevind
en tot drie jaar tronkstraf sender hardepad gevonnis, maar
is na drie maande losgelaat nadat die Naionale Party onder
leiding van genl. Hertzog 'n verkiesingsoorwinning oar die
Suid-Afrikaanse Party van genl. Smuts behaal het.