Abstract:
Die Afrikaanse poësie beskik oor 'n ruim kwota gedigte deur verskeie
digters sedert die tyd van Totius wat oor familie- en/of
gesinslede van die digter handel. Hierdie onderwerp het egter tot
en met die voltooiing van mev. A.E. Samuel (die digteres Antjie
Krog} se verhandeling Familie.figure in die poesie van D.]. Opperman
(1982) weinig aandag geniet.