Abstract:
In 1936, die jaar van haar mondigwording, word Elisabeth Eybers
die eerste vrou wat 'n digbundel in Afrikaans publiseer.
Die titel daarvan is Belydenis in die skemering. D .J. Opperman
skryf in sy destyds epogmakende studie Digters van Derrig
(1953), wat aanvanklik as proefskrif ondemeem is, soos
volg oor Eybers se poesie (s.j., vierde druk: 351):
Eers met die Dertigers - daardie geslag by wie ons reeds so
'n hoe gehalte van werk aantref- kry ons die vroulike aanvulling
in ons letterkunde: in die poesie met Elisabeth Eybers
en in die prosa met Hettie Smit.