Abstract:
Gedurende 1993 het daar in Afrikaans drie debuutdigbundels
verskyn: Gert Vlok Nel se Om te lewe is onnatuurlik, Ronel
de Goede se Skoop (albei deur Tafelberg uitgegee) en Dirk
Winterbach se Die oranje hoek (Hond). Afgesien van die
genoemde debute het Tafelberg ook gedurende 1993 die
meeste nuwe digbundels gepubliseer, naamlik (in alfabetiese
volgorde) Rasuur deur Pirow Bekker, Thomas Deacon se Die
predikasies van Jacob Oerson en Ernst van Heerden se
Najaarswys. By Human & Rousseau het slegs twee digbundels
verskyn: Respyt deur Elisabeth Eybers en Vleiswond deur
Johann de Lange. Hond het naas Winterbach se genoemde
digbundel ook Breyten Breytenbach se Nege landskappe van
ons tye bemaak aan 'n beminde gepubliseer. Vergenoeg deur
Patrick Petersen is deur Prog uitgegee.