Abstract:
Dit is met 'n gevoel van verwagting dat mens Johan van Wyk se
jongste digbundel ter hand neem. Hy het reeds in sy voorafgaande
twee bundels, Deur die oog van die luiperd (1976) en Heldedade
kom nie dikwels voor nie (1978), bewys dat hy 'n digter van formaat
is en dat hy die strominge van sy tyd beleef en verwoord:
waar die hart van vol is, loop die mond immers van oor. Verder
het Van Wyk nog telkens vemuwing in die poesie gebring: inhoudelik
sowel as verstegnies ("some pictures have books ... ").
Hy het, soos in die verlede, 'n groot aandeel aan die sg. "little magazine"-bedryf. En hy het 'n amper vader-cum-kultusfiguur vir
eietydse jong digters geword - mens wil byna se: die spilfiguur
onder die jong, opkomende geslag.