How are social boundaries created and how are they maintained? To an extent, the way
people look, dress and talk demarcates cultural markers that distinguish them from others
− hence, giving them a sense of self-categorisation and self-identity. However, with time
such collective identity might need readjustment when people from another culture become
insiders and neighbours within the perceived social boundaries. Regarding this, James Dunn
noted that a challenge of social cohesion between the Jews and the Gentiles existed during
the 1st century, necessitated by the conversion of Gentiles to Christianity. In response, to
keep their exclusive collective identity, the Jews demanded that the Gentiles observe Jewish
law. This article develops Dunn’s view that the observance of Jewish law provided implicit
social exclusion strategies towards the Gentiles. However, Dunn did not elaborate further
concerning the strategies upon which Gentiles were excluded. As contribution to fill that void,
this article drew on strategies of inclusion and exclusion from the analogy of migration in
South Africa and elsewhere.
Hoe word sosiale en kulturele grense geskep en onderhou? Tot ’n
mate bewerkstellig die manier waarop mense uiterlik voorkom, aantrek en praat kulturele
kenmerke wat sekere groepe van ander onderskei, en verleen so aan hulle ’n bepaalde identiteit
en klassifisering. So ’n gemeenskaplike identiteit moet mettertyd aangepas word as mense
van ander kulture met ander gebruike deel word van die binnekring. In hierdie verband merk
James Dunn op dat, in die eerste eeu na Christus, die Jode en heidene aangespoor is tot ’n
samehorigheidsgevoel wat deurdie bekering van heidene tot die Christendom genoodsaak is.
In reaksie hierop het die Jode aanvanklik verwag dat die heidene die Joodse wet moes nakom.
Hierdie artikel bou op Dunn se siening, naamlik dat die onderhouding van die Joodse wet
sosiale strategieë ontwikkel het wat die heidene onvoorwaardelik uitgesluit het. Dunn brei
egter nie verder oor die sogenaamde strategieë uit nie. In hierdie artikel word gepoog om
hierdie leemte aan te vul deur middel van ’n vergelyking met kontemporêre migrasie in Suid-
Afrika en die strategieë van insluiting en uitsluiting wat bespeur word in sulke kontekste, te
verdiskonteer.