It is the intention of this article to investigate how Philo’s understanding of the universe,
and particularly its four basic elements as taught by the Greek philosophers, influenced his
description of the God of Israel’s world in which the Moses narrative unfolds. Given the fact
that Philo was a theologian par excellence, the question can be asked whether Philo’s approach
is closer to what one might call ‘theological cosmology’ or rather closer to ‘cosmological
theology’? After a brief survey of Philo’s inclination to interpret Jewish history in the light
of Greek cosmology, the study proceeds with his universe as symbolised in the high priest’s
vestments. The τετρακτύς with its 10 points of harmony is a key to Philo’s symbolism and
numerology. The article concludes that Philo is not writing cosmology per se in his De Vita
Mosis, but he is rather writing a theology that sketches the cosmic superiority and involvement
of Israel’s God against the backdrop of Greek cosmology as it was influenced by Pythagoras’
geometry and numerology as well as by Plato’s philosophy. In this sense his account in the
De Vita Mosis is closer to a cosmological theology. He utilises the cosmological picture of the
Greco-Hellenistic world in order to introduce and present the powerful nature and qualities
of Israel’s God.
Hierdie artikel het ten doel om ondersoek in te stel na Philo se begrip van die
heelal en veral die vier basiese elemente soos dit deur die Griekse filosowe geleer is. Dit het
verder ten doel om vas te stel tot watter mate hierdie denke sy beskrywing van die God van
Israel se wêreld, waarbinne die Moses-vertelling ontvou, beïnvloed het. Gegewe die feit dat
Philo ’n teoloog par excellence is, kan die vraag gevra word of Philo se benadering nader is aan
wat ’n mens ’n ‘teologiese kosmologie’ kan noem, of eerder nader aan ’n ‘kosmologiese teologie’
is? Na ’n kort oorsig oor Philo se neiging om die Joodse geskiedenis in die lig van die Griekse
kosmologie te interpreteer, analiseer die artikel Philo se heelal soos dit gesimboliseer word in
die hoëpriester se klere. Die τετρακτύς met sy 10 punte van harmonie is ’n sleutel tot Philo se
simboliek en numerologie. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat Philo nie kosmologie
per se in sy De Vita Mosis beskryf nie, maar eerder ’n teologie wat die kosmiese superioriteit
en betrokkenheid van Israel se God skets teen die agtergrond van Griekse kosmologie soos
dit deur Pythagoras se geometrie en numerologie sowel as deur Plato se filosofie beïnvloed is.
In hierdie opsig is sy weergawe in die De Vita Mosis nader aan ’n kosmologiese teologie. Hy
maak gebruik van die kosmologiese beeld van die Grieks-Hellenistiese wêreld ten einde die
kragtige aard en eienskappe van Israel se God voor te stel en aan te bied.