Anna Margaretha Siek, daughter of a potter from Bremen, grew up at the turn of the 17th Century when Simon van der Stel, and subsequently his son Willem Adriaan, were governors at the Cape. By this time the Cape was not merely a halfway station but a settlement where officials of the Dutch East India Company (VOC) and the Free Burghers had to jointly assist to satisfy the wishes of the VOC. When she reached her teens, the rivalry however resulted in the insurrection of the burghers and the recall of the governor to the Netherlands. At the age of fifteen Siek married the new owner of Van der Stel’s renowned farm, Vergelegen. After the death of her first husband she managed the farm alone, as she again did when she and her second husband no longer shared conjugal rights. In this article an attempt is made to trace her life based on the written and archival sources, and also to reconstruct the plans of her’s and other’s contemporary dwellings. This article is part of a series which draws from the documentation of early Cape history so as to reconstruct the life and times of five women.
Anna Margaretha Siek, die dogter van ’n pottebakker van Bremen, het met die wenteling van die 17de na die 18de eeu in die Kaapse Vlek grootgeword in die tyd toe Simon van der Stel en sy seun, Willem Adriaan, die goewerneurs was. Teen hierdie tyd was die Kaap nie meer net ’n halfwegstasie nie maar ’n nedersetting waar die Kompanjieamptenare en Vryburgers saam die wense van die VOC (Verenigde Oos-Indiese Kompanjie) moes help verwesenlik. Hulle mededinging het egter in haar tienerjare tot die opstand van die burgery en die goewerneur se herroeping na Nederland gelei. Toe sy vyftien jaar oud was, het sy met die nuwe eienaar van Willem Adriaan van der Stel se Kaapse buiteverblyf getrou en op Vergelegen, sy uitsonderlike plaas, gaan woon. Na haar eerste man se dood behartig sy die plaas alleen, soos sy ook gedoen het nadat sy en haar tweede man van tafel en bed geskei is. In hierdie artikel word gepoog om haar lewe in argivale bronne en geskrifte na te loop en om die planne van haar en ander tydgenootlike huise te rekonstrueer. Die artikel sluit by ander aan en poog om ’n historiese beeld van die lewe van vyf vroue uit die vroeë gedokumenteerde Kaapse geskiedenis te teken.