Leerders se wiskundepunte het ’n potensieel ingrypende invloed op aspekte soos hul moontlike
toelating tot universiteitstudie, beurse en indiensneming (en by verstek dus die ontwerp van
hul toekoms, sukses en lewensgeluk). Om hierdie rede bestaan daar op nasionale vlak ernstige
kommer oor die hoë uitvalsyfer, asook onbevredigende wiskundeprestasie op beide skool- en
tersiêre vlak. Hierdie artikel bied ’n kritiese refleksie op die eensydige wyse waarop assessering
in wiskunde tans plaasvind. In die eerste deel van die artikel word krities besin oor die
eensydige fokus op ’n kwantitatiewe benadering in wiskundeklaskamers. Daarna verskuif die
fokus na ’n beskrywing van en kritiese refleksie oor kwalitatiewe assessering in wiskunde. Die
meriete van ’n gekombineerde kwantitatiewe + kwalitatiewe benadering tot leerfasilitering in
wiskundeklaskamers word uitgestip. Daar word geargumenteer dat daar wegbeweeg behoort
te word van ’n positivistiese na ’n positiewe benadering in wiskundeassessering en dat die
eng fokus op ’n kwantitatiewe syfer of simbool as aanduider van ’n leerder se potensiaal
om in wiskunde te presteer nie voldoende is nie. Daar is afgesluit met enkele aanbevelings
vir die verkryging van ’n meer verantwoordbare refleksie van die stand van leerders se
wiskundevaardigheid en -vermoë op ’n bepaalde tydstip.
The marks that learners
obtain in mathematics have a potentially significant impact on aspects such as acceptance
into certain fields of study and being considered for bursaries and eventual employment (by
default, therefore, their design of a future, success and happiness). For this reason, there is great
concern at national level about inadequate achievement in mathematics and the high dropout
figure at both school and tertiary level. This article offers a critical reflection on the current
way in which assessment is conducted in mathematics. The first part of the article consists
of reflection on the one-sided manner in which assessment is conducted in mathematics
classrooms at present. The focus then shifts to a description of and critical reflection on
qualitative assessment in mathematics. The merits of a combined quantitative + qualitative
approach to learning facilitation in mathematics classrooms are delineated. Argument is made
in favour of a shift away from a positivist style of assessment towards a positive approach
to assessment in mathematics. It is not adequate to focus on a quantitative figure or symbol
as the sole indicator of a learner’s potential to achieve in mathematics. In conclusion, some
recommendations follow to facilitate a more accountable reflection of learners’ mathematical
skills and capacity at a certain stage.