dc.description.abstract |
Die doel van hierdie studie is om te probeer vasstel wat
bedoel word met die etiese en die religieuse stadiums in
die werke van Soren Kierkegaard (1813-1855). Wat is die
verband tussen hierdie twee stadiums? Hoe vind die oorgang van die een na die ander plaas? Op 'n krities-analitiese wyse word die verskillende synstrukture, kategoriee,
begrippe en terme ondersoek soos dit in die denke van Kierkegaard voorkom. Die ondersoek en interpretasie van Kierkegaard se werk word deur verskillende faktore bemoeilik.
Dit word in hierdie werkstuk kortliks genoem.
Kierkegaard hou aan die leser sekere moontlike vorms van
lewe voor. Hierdie vorms van lewe kan binne die etiese en
religieuse dimensies val. Die belangrikste begrippe ten
opsigte van hoe die enkeling die etiese en die religieuse ken, word voorts bespreek onder drie afdelings : die kategorie, die bestemming en die begrip. Kierkegaard stel dit
dat die mens die vermoe het om sekere logiese tipes of reekse van tipes te kan onderskei. Die volgende tipes word bespreek : die verstaanskategorie en die eksistensiekategorie.
Laasgenoemde sluit die kategorie van moontlikheid en die kategorie van herhaling in. By die bestemming gaan dit om
die korrekte of verkeerde aanwending van die kategoriee.
Hierdie beginsel word ondersoek in die etiese en die religieuse stadiums. Die probleem van tese-antitese-sintese
word gestel in die lig van die Hegeliaanse beskouing van rnediasie. Die korrelasie wat Kierkegaard stel tussen
denke en syn word aangetoon. Die probleem objek-subjek word bespreek en die onderskeid wat deur Kierkegaard
gemaak word tussen kwantitatiewe en kwalitatiewe dialektiek.
In die volgende hoofstuk word die eksistensiele beweging
by die etiese en die religieuse stadiums aangedui. Vir
Kierkegaard is die stel van die self en selfkeuse belangrik. Die selfbewussyn is die plek.waar denke en syn mekaar ontmoet. Die sleutelbegrippe moontlikheid, wording
en essensie word geanaliseer. Die korrekte verstaan van
ideele en reele syn is verbind met genoemde begrippe.
Kierkegaard stel dit dat eksistensie 'n sintese van die
oneindige en die eindige is en die eksisterende enkeling
is sowel oneindig as eindig. Hierdie uitspraak word voorts
ondersoek. Die rrsprong" is 'n sentrale begrip in sy filosofie. Hoe die sprong (in subjektiwiteit) verband hou met
verskillende ander begrippe, word aangedui. Verskillende
moontlike of gerealiseerde vorms van lewe word aan die
leser voorgehou. Die "oomblik" is 'n begrip wat gebruik
word in korrelasie met ander begrippe, bv. die tydsbegrip. Wanneer Kierkegaard die relasie van die enkeling stel met
wat hy noem "die enkeling voor God'', probeer hy 'n antwoord
gee op die sentrale probleem wat hy vir homself stel, nl.
hoe om 'n Christen te word. Die verskil tussen Religieusiteit A en Religieusiteit B word oak aangedui.
Die volgende hoofstuk handel oor die eksistensiele ervaring
by die etiese en religieuse stadiums. Kierkegaard probeer
'n antwoord gee op die God-mens-verhouding. Hy gebruik die
voorbeeld van Abraham in die Ou Testament om die beginsel
van die teleologiese suspensie van die etiese te demonstreer.
Hierdie grootse stuk filosofie van Kierkegaard word krities ondersoek. Kierkegaard se fundering van die etiese en die
religieuse word bespreek naas die sieninge van bv. Kant
en Hegel. Begrippe soos oneindige oorgawe, versoeking,
"Anfechtung", absolute paradoks, skuld en onskuld kern
aan die orde. Kategoriee soos wanhoop, angs, onkunde,
onskuld, vryheid, ens. word gestel. Daar word aangetoon
hoe van hierdie kategoriee by Karl Jaspers, J.P. Sartre en
Martin Heidegger in gewysigde vorm voorkom. Die begrippe
genie, fatum en passie word ontleed. Kierkegaard se siening
van liggaam en gees hou verband met die self en sy moontlikhede; dit verskil by die etiese en religieuse stadiums.
Die begrip erfsonde het nie die tradisionele inhoud nie en
by die begrip sonde word twee tipes onderskei, die van
die enkeling en die van die geslag. By die kategorie sonde
word waarheid, onwaarheid, skuld en sondebewussyn gestel.
Berou word die hoogste etiese uitdrukking van die enkeling.
Die volgende stappe is versoening en "die enkeling.voor God".
Die uiteenlopende siening random Kierkegaard se begrip van
geloof word ondersoek. Hier le die "hart" van Kierkegaard
se eksistensiefilosofie. Geloof is vir hom 'n persoonlike,
unieke aangeleentheid van die eksisterende enkeling : dit
is 'n wyse van lewe, 'n demonstrasie, streng persoonlik en
subjektief. Die relasie tussen Religieusiteit A en Religieusiteit B word verder uitgewerk in die lig van die algemene kategorie van die humor. Die dialektiese verhouding
tussen Religieusiteit A en Religieusiteit B word uiteengesit. Verskillende kritiese vrae random hierdie onderskeid
word gestel. Met die kategorie lyding ('n uitsluitlik religieuse kategorie) wil Kierkegaard iets heel besonders se.
Vir 'n duidelike uiteensetting van die verhouding tussen die
etiese en die religieuse stadiums is die kategorie van die
enkeling van groot belang. Ons leer die mens ken as enkeling, individu, unieke, enkele, ens. binne die etiese en die religieuse stadiums. Negatiewe kritiek random hierdie kategorie word bespreek en die vraag word gevra of
Kierkegaard se enkeling nie totaal vereensaam en geisoleer raak nie? Wat is die enkeling se relasie tot die
massa? By Gabriel Marcel, bv. word die "openheid" van
die enkeling meer beklemtoon. Max Stirner en Karl Jaspers vind by Kierkegaard se begrip van die enkeling aansluiting. Naas Niezsche plaas Kierkegaard die mens weer
sentraal in die filosofie.
Kierkegaard was by ·uitstek die filosoof wat erns gemaak het
met die Christendom. Hy ontmasker die Christendom van sy
tyd met die doel om positiewe resultate te lewer. Hy
worstel met die probleem van subjektiwiteit - die vertrekpunt en die eindpunt van sy filosofie. Daar is geen plek
vir 'n rasionele etiek nie. 'n Etiese sisteem is nie
moontlik nie. Die enkeling, elke handeling en elke situasie is uniek.
Kierkegaard stel aan die een kant 'n duidelike onderskeid
tussen die etiese en die religieuse stadiums, maar aan die
ander kant bring hy die tw~e stadiums bymekaar deur sekere
kategoriee te stel. Die relasie tussen die twee stadiums ontglip die leser, juis omdat dit 'n geloofsaksie is. Geloofsuitsprake is van 'n ander aard as etiese uitsprake.
Die oorgang van rede tot geloof is met 'n sprang.
Kierkegaard oorbeklemtoon nie een van die stadiums nie en
verskraal ook nie die religie tot 'n mistiese gevoel of ondervinding nie. Moontlike vorrns van lewe word aan die leser voorgehou met 'n duidelike uitnodiging aan die leser om
deel te neem. Kierkegaard plaas die mens as ·enkeling terug
in die filosofie. Die hoogste wat die mens kan bereik is om
"voor God" te wees. |
en_US |