Hierdie artikel fokus op die rol wat skryfopleiding gedurende die tydperk 1995–2012 in die
groter Afrikaanse literêre sisteem vervul het, met spesifieke verwysing na skryfopleiding as
nagraadse kwalifikasie. Ondersoek word ingestel na die ontwikkeling van die vakgebied
op tersiêre vlak, soorte skryfopleiding en die rol van mentorskap in die ontwikkeling van
skryftalent. Daarbenewens word die getal solopublikasies wat tot op datum verskyn het van
skrywers wat skryfopleiding ondergaan het, die rol wat skryfopleiding in die verpakking
speel, die ontvangs en die toekenning van literêre pryse oorweeg. Ten slotte word daar gekyk
na die rol (positief en negatief) wat skryfopleiding in die literêre sisteem vervul.
This article focuses on the impact which
training for creative writers has had in the wider Afrikaans literary system during the
period 1995–2012 with specific reference to creative writing as postgraduate qualification.
Development of the subject on tertiary level and the role of mentorship in the development of
creative writing talent are examined. Furthermore, the investigation covers the number of solo
book publications to date by people who followed courses in creative writing, how training
in writing affects packaging, as well as the reception and awarding of literary prizes. Lastly,
the teaching of creative writing within the literary system (both positively and negatively) is
taken into consideration.