Abstract:
This article attempts to answer the following two linked, but distinct,
questions. First, to what extent does our current legal regime tolerate
independent schools that advance particular, if not comprehensive,
visions of the good life? Secondly, to what extent may such independent
schools discriminate between learners in terms of admissions policies or
expulsion procedures in order to further their legitimate, constitutionalsanctioned
religious, cultural or linguistic ways of being in the world? AFRIKAANS : Hierdie artikel beantwoord die vraag tot watter mate dit vir onafhanklike skole aanvaarbaar is om teen leerders te diskrimineer ten einde die legitieme grondwetlike oogmerke van verskeie godsdienstige, kulturele en taalgemeenskappe te bevorder. 'n Noukerige analise van die Grondwet bring aan die lig dat enkelmedium-openbare skole, geloofsgebaseerde skole of kultureelhomogene openbare skole nie grondwetlik gewaarborg word nie, maar dat artikel 29(3) wel aan leerders en hul ouers die reg verleen om uit hul eie sak onafhanklike skole te bou wat hul voorkeurmedium van onderrig aanbied, wat 'n spesifieke kulturele etos versterk, of wat 'n omvattende godsdientige opvatting van "die goeie lewe" bevorder. Die antwoord op die vraag oor die mate waartoe hierdie artikel 29(3)-skole mag diskrimineer, is te vind in 'n noukeurige analise van die Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act (PEPUDA). Behoorlik uitgelê, voorsien PEPUDA dat onafhanklike skole 'n taalkundige, kulturele en godsdienstige voorstelling van die goeie lewe bevorder op 'n wyse wat op die oog af diskriminerend lyk. Die toelatingsbeleide of uitsettingsprosedures wat deur onafhanklike skole gebruik word, mag tussen leerders diskrimineer so lank as wat die diskriminasie (a) die legitieme taalkundige, kulturele of godsdienstige doelwitte van die skool bevorder; (b) dit doen deur middele te gebruik wat noukeurig ontwerp is om hierdie doelwitte te bevorder; en (c) nie die waardigheid van die leerder aantas nie.