Abstract:
Hierdie studie oor die Latere Steentydperk van die OosTransvaal
is gebaseer op opgrawings deur die departement Argeologie van die Universiteit van Pretoria te Boesmanrotsskuiling (distrik Ohrigstad).
Die boonste 18 lae van die afsetting is bestudeer. Lae 19 en ouer kan sonder twyfel as Middelsteentydperk beskou word. Laag 1 tot die boonste vlak van laag 18 dek 'n tydperk
van ongeveer 3 000 jaar (± 9 500 jaar tot ± 12 900 jaar voor hede). Die inhoud van laag 18 was ondateerbaar,
maar net onder die laag is daterings van meer as 45 000
jaar voor hede verkry.
Fauna-oorblyfsels en alle kulturele materiaal is volledig
ontleed en daar is onder andere gebruik gemaak van 'n
metingstegniek vir klipartefakte wat deur J.C. Vogel ontwikkel
is. Daar is veral aandag geskenk aan omgewingsbenutting,
die aard en samestelling van die artefakversameling,
die kontak tussen Middel- en Latere Steentydperk
en die moontlikheid van klimaatsveranderinge gedurende
die laat Pleistoseen/vroeg Holoseen.
Twee duidelik anderskeibare kulturele fases kon uit die
artefakversarneling herken word, nl. 'n ontwikkelde Mid-delsteentydperk (lae 18 tot 15) en 'n middel Latere
Steentydperk {lae 14 tot 1), sender enige getuienis van
'n geleidelike oorgang. Eersgenoemde fase bevat o.a.
sorgvuldig afgewerkte punte, skrapers en holskrapers,
sowel as gefasetteerde slaanvlakke. Die meeste artefakte
is van haringfels vervaardig. In vergelyking met
ander Middelsteentydperk-versamelings is die BRS fase
besonder laat (± 12 470 tot± 12 950 jaar voor hede).
Die Latere Steentydperk-artefakversameling (lae 14 tot 1)
is hoofsaaklik van kwarts vervaardig, slaanvlakke is oorwegend
enkeld en daar is 'n mikrolitiese element, maar
geen punte is aanwesig nie. Hierdie versameling val in
twee subfases uiteen (lae 14 tot 6 en lae 5 tot 1), maar
hierdie verdeling verteenwaardig 'n redelik geleidelike
tegnologiese/tipologiese ontwikkeling. Lae 14 tot 6 bevat
'n beperkte verskeidenheid klipartefaktipes in vergelyking
met lae 5 tot 1, maar die aanwesigheid van beenartefakte vergoed vir hierdie tekort. Benewens gepoleerde
beenpunte en else is daar ook 'n verskeidenheid ander beenimplemente vervaardig volgens 'n skilfertegniek,
waardeur die voltooide produk sterk ooreenkaros met sekere
klipartefakte toon. Lae 5 tot 1 bevat 'n groter verskeidenheid
klipartefakte, maar na verhouding minder beenartefakte as lae 14 tot 6. Die klipartefakte sluit
in ronde skrapers, halskrapers en stukke met rugafwerking
wat nie in lae 14 tot 6 aangetref is nie. Ru-materiale en die meeste voedsel is uit die onmiddellike omgewing van die skuiling bekom. Daar was sterk
voorkeure ten opsigte van die beskikbare ru-materiale,
veral met betrekking tot kwarts en horingfels.
'n Verandering van jagpatroon het plaasgevind tydens
die Latere Steentydperk. Gedurende die Middelsteentydperkbewoning
(lae 18 tot 15) en die oudste lae van
die Latere Steentydperk (lae 14 tot 13) is daar hoofsaaklik
jag gemaak op die groter, grasvretende kuddediere.
Daarna (lae 12 tot 1) is daar bykomstig jag-gemaak op klein, alleenlopende blaarvreters. Die jag
van hierdie diere het nuwe tegnieke vereis en daar is
waarskynlik gebruik gemaak van strikke en/of valle.
Die faunamateriaal en die sade het geen tasbare getuienis
opgelewer van enige ekologiese- of klimaatsveranderinge
gedurende die periode waarin lae 1 tot 17
neergelê is nie, maar gedurende die depenering van
laag 18 kon daar maantlik klimaatsveranderinge plaasgevind
het.