dc.description.abstract |
In die 20ste eeuse, gemanipuleerde wereld het die mens deur gebruikmaking
van die berekende denke alles, selfs God, tot die beplanbare en berekenbare
gedegradeer, danksy die hulp van die moederwetenskap, naamlik
die kubernetika. Hierdie heillose toestand spruit voort uit die metafisika
en die nihilisme wat ten nouste daarmee saamhang.
Die oorsprong van die metafisika kan, volgens Heidegger, teruggevoer word
tot by Plato, toe daar langs die weg van die denke opklimmend gedink is
vanuit die syndes tot by die Idee van die Goeie as die hoogste waarde en
synde. Hierdie toestand het in die Westerse denke voortgeduur tot met
Nietzsche wat die waardes, wat oor al die eeue gegeld het, as waardeloos
uitgewys het. God, as hoogste waarde is dood verklaar. Nietzsche
was die springstof wat die huis van die waardes in duie geskiet en 'n eksistensiele
vakuum agtergelaat het.
In die nuwe waardestruktuur, wat na Nietzsche ontstaan het, het die magsbeginsel
baie sterk na vore gekom. Die magsmens of Ubermensch strewe alleen
na die voltrekking van sy eie wil, want hy kan nie verdra dat hy nie
self god is nie, daarom is die grootste gevaar in die mondige wereld vandag
nie die atoombom, die oorbevolking, die wereldhonger, die Kommunisme
of Amerikanisme nie, maar die feit dat die mens van sy eie wese vervreemd
geraak het en sodoende 'n verduisterde bestaan voer.
Die mondige mens, die magsmens en die narsistiese mens is die tegnies Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2013
306.
gemanipuleerde mens wat deur gebruikmaking van die wetenskap en die tegniek
alles wil manipuleer,tot sy eie menswees ook. Hierdie gemanipuleerde
bestaan het 'n siek wereld ten gevolg wat siektesimptome soos die
krisissindroom, die manipulasiesindroom, die veranderingsindroom, die
toekomssindroom, ens. openbaar. Die narsistiese mens besef egter nie
hierdie gevaar nie, tewens is van oordeel dat hy homself langs hierdie
weg bevry van onnodige en lastige bindinge. Om hierdie rede beskryf
Heidegger hierdie toestand as heilloos en gevaarlik waar die nood, die
wereldnood, op sy grootste is.
Volgens Heidegger kan geen aardse mag, staatsman of owerheid, van watter
aard ook al, 'n ommekeer in hierdie rampspoedige weg bring nie. Dit is
juis teen hierdie agtergrond dat die denke van Heidegger en die ander
Kehre-denkers gesien moet word. Daar is vandag baie groat geleerdes
maar min werklike groat denkers en Heidegger kan beskou word as die
herout van 'n totaal nuwe denkrigting wat as die besinnende denke omskryf
kan word. Volgens Heidegger is die vraag nie soseer wat moet gedoen
word om aan die heillose toestand te ontkom nie, maar eerder: hoe
moet daar gedink word? Die magsmens het verleer om besinnend en waarheidsoekend
te dink. Heidegger wil die gemanipuleerde mens, wat baie
weet van orgaanoorplantings en ruimtereise, maar vir homself geen raad
het met sy eie sinlose, koerslose en narsistiese bestaan nie, op die denkweg
van bes inning p 1 aas. Die magsmens of Vbermensch het verl e,er om nederig
te wees, om die misterie en die wonder raak te sien, daarom moet
hy gekonfronteer word met ondenkbare denkdieptes want in die mate wat
die mondige mens die ondenkbare, o.a. die Syn, 11 dink" sal hy noodwendig
'n korrektief op sy eie wese aanbring; sal hy hom afkeer van die. gemanipuleerde
bestel en hom toekeer tot die Syn, wat die oord is waar die
HeiZige en God miskien weer raakgesien en aangehoor kan word. Hierdie
omkering, al dan nie, is lewensbelangrik want dit, meer as iets anders,
sal bepaal wat van hierdie wereld gaan word. Intussen bly die mens die
slagveld waar die veldslag om die waarheid gevoer word. |
en_US |